Die gelykenis van die vrome tantes
ANONIEM SKRYF:
Streng gebore en gewyd
gedoë in hul lewenswerk
wagters op die sionsmure
sit hulle op die voorste banke in die kerk
met streng gelate in hul stryd
van vroomheid en voorbeeldigheid
hande in die hande van hul manne
onderlinge
van die ouderlinge
Nee vrou, dis nie wat die Heer wil hê
skaam jou die sonde
wat sal die mense sê
van die woorde in jul monde
as jy laat waai
met dit wat rym
met tok en tak en kattermaai
en roes en krul en raaie-ry
jy moet jou tog daarvan weer-hou
onthou
jy is my vrou
En soos dit in die lewe gaan
menig dae sugtend en gedwee
stort hul menigmaal ‘n bitter-stille traan
of twee
en aanvaar hul tans hul droewe lot
alles in die naam van mens en God
maar dit bou op, op die lange duur
‘n naam wat hulle nie mag spreek
behalwe in die kerk
as deel van die preek
of in die bid-uur
maar verder as die kerk se stoep
mag hulle nie eens boontoe roep
Onkuisheid in hul kuisheid
is vir hulle taboe
Na die daar buite
strak gesigte van heiligheid
maar hier aan die binnekant
woed daar storms
in ‘n bose kring
van frustrasie
en onmagtigheid
om die regte woord in al sy vorms
en formasies
op die regte tyd
hier uit te bring
Al hul lewens lank moes hulle dit verduur
van die oggend tot die laaste uur
Nou sit hulle in die oue-te-huis
se skaduwees
as oue weduwees
en met inhibisies ontbonde
kom dit vrylik uit
hul vrome monde
die vodde en die vuil
woes en luid
met woorde eens verbode
vloek hulle dat die honde huil
en die ore tuit
daar is geen keer
Hulle het daaroor geen beheer
Is daar erens ‘n sede-les
vir iemand soos u en ek
en al die res
wat siels-verwant is
om dan en wan maar los te trek
met die regte woord op die regte plek
voordat ons mag oorkom soos die vrome tantes?
Streng gebore en gewyd
gedoë in hul lewenswerk
wagters op die sionsmure
sit hulle op die voorste banke in die kerk
met streng gelate in hul stryd
van vroomheid en voorbeeldigheid
hande in die hande van hul manne
onderlinge
van die ouderlinge
Nee vrou, dis nie wat die Heer wil hê
skaam jou die sonde
wat sal die mense sê
van die woorde in jul monde
as jy laat waai
met dit wat rym
met tok en tak en kattermaai
en roes en krul en raaie-ry
jy moet jou tog daarvan weer-hou
onthou
jy is my vrou
En soos dit in die lewe gaan
menig dae sugtend en gedwee
stort hul menigmaal ‘n bitter-stille traan
of twee
en aanvaar hul tans hul droewe lot
alles in die naam van mens en God
maar dit bou op, op die lange duur
‘n naam wat hulle nie mag spreek
behalwe in die kerk
as deel van die preek
of in die bid-uur
maar verder as die kerk se stoep
mag hulle nie eens boontoe roep
Onkuisheid in hul kuisheid
is vir hulle taboe
Na die daar buite
strak gesigte van heiligheid
maar hier aan die binnekant
woed daar storms
in ‘n bose kring
van frustrasie
en onmagtigheid
om die regte woord in al sy vorms
en formasies
op die regte tyd
hier uit te bring
Al hul lewens lank moes hulle dit verduur
van die oggend tot die laaste uur
Nou sit hulle in die oue-te-huis
se skaduwees
as oue weduwees
en met inhibisies ontbonde
kom dit vrylik uit
hul vrome monde
die vodde en die vuil
woes en luid
met woorde eens verbode
vloek hulle dat die honde huil
en die ore tuit
daar is geen keer
Hulle het daaroor geen beheer
Is daar erens ‘n sede-les
vir iemand soos u en ek
en al die res
wat siels-verwant is
om dan en wan maar los te trek
met die regte woord op die regte plek
voordat ons mag oorkom soos die vrome tantes?
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie