Die grys gemors gee jou grys hare
Ek was nog altyd ’n babbelbek.
Op skool het onderwysers tevergeefs probeer om die plek langs my oop te hou in ’n poging om my stil te kry in die klas.
Later is daar gesorg dat die plek langs my oop is en die klasmaats voor en agter my so stil soos ’n begraafplaas op ’n Woensdag is, maar as juffrou weer sien, het Iréne die stil seun agter haar uit sy dop laat kruip.
Skielik het die geselsgier ook vir arme Matthew en Giovanni gebyt. So nou kekkel ons maar die skooldag om – Gods water oor Gods akker.
Die ironie van die saak is ek is eintlik ’n introvert, maar tot vandag toe verstaan ek nie wat dit is om jou mond verby te praat nie. Daar is net praat en nie praat nie.
Mense hoef nie te vra wat my belangstellings is nie – ek is gek oor sielkunde, sterrekunde en velsorg.
Ek was nog altyd nuuskierig en ek deel graag daardie nuuskierigheid met ander.
Ek dink die nuuskierigheid kom weens die feit dat die grys tussen reëls my nog altyd gefassineer het. As tiener was ek mal daaroor.
Dit het my bekoor dat jy alles kan wees en alles kan doen maar steeds niks nie; dat jy reg en steeds verkeerd kan wees; dat iets goed maar ook sleg kan wees.
Hoe meer ek in die kleurvolle, morsige en vermengde grootmenswêreld ingetree het, het dit my begin irriteer.
Wanneer is dinge swart en wanneer is dit wit? Dit is juis hoekom howe en prokureurs bestaan – ons weet nie.
As jy hom van hierdie kant beloer, lyk dit swart, maar van die ander kant lyk dit wit.
Eintlik is dit maar net grys en ek haat dit. Eintlik is grys my gunstelingkleur, want nie swart of wit is in my brein neutrale kleure nie.
Grys is die enigste werklike neutrale kleur, maar wanneer dit kom by reëls en morele kwessies moet ons nou regtig net ’n besluit neem en daarby hou.
Ek sukkel al jare lank om te weet waar om die lyn tussen swart en wit te trek. Wanneer sê jy vir iemand dat hul maniertjies jou irriteer? Wanneer weet jy of jy tyd het om iets te doen of nie? Wanneer is dit net ’n onaangename gebeurtenis, dag of week en wanneer is dit slegte omstandighede waaruit jy jouself moet help? Wanneer is dit die moeite werd om te praat en wanneer wag jy maar net vir dit om verby te gaan?
Om nie te weet nie, is een ding, maar om nie te weet hoe om uit te vind nie, is heeltemal iets anders.
Wanneer loop jy weg? Wanneer staan jy ’n vriend by deur ’n moeilike tyd en wanneer het hulle jou genoeg seergemaak dat jy moet wegloop? Wanneer doen jy dit vir liefde en wanneer doen jy dit omdat dit is wat jy doen? Wanneer is iemand onbeskof en wanneer word jy geboelie?
Ek dink as jy tot ’n punt gekom het waar jy hierdie vrae vra, moet jy maar net ’n paar keer diep in- en uitasem voor jy uiteindelik jou streep trek.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie