Praat Saam Briewe
Praat Saam Briewe

Die Here praat met ons

Mandy Rittmann
JURIE VILJOEN SKRYF:

Die vraag is: Israel of Gasa en dan die groot vraag, vir wie moet ek steun?

Persoonlik dink ek dat die Here met ons ernstig praat. Dis oorloë en aardbewings. Dis vulkaanuitbarstings en missiele wat tussen kontinente afgeskiet word. Derduisende mense sterf en kinders en vroue is die mense wat die swaarste getref word.

Dit hinder my steeds dat ons kerke hulself oënskylik distansieer van hierdie krisis. Is ons bang? Nie oortuig nie? Staar ons ons blind teen die “2% “ Christene van Israel? Van ons sal verwag word om nie statistieke aan te haal nie, maar om te besluit wat is reg en verkeerd.

Ek is oortuig en glo dat die staat Israel en ons steun daarvoor belangrik is.

Wanneer maak ’n volk hom skuldig aan die uitwissing van ’n ander volk?

Hierdie volk wat hom nou volgens die wêreld skuldig maak aan volksmoord, is dieselde volk wat versmoor is in die gaskamers. Ek dink as ’n mens een van die kampe besoek en sien wat daar gebeur het, verander jy van mening. Ons het Dachau besoek en gesien dit wat ons gehoor het van die 'holocaust', is nie net ’n gruverhaal nie.

Dis eintlik lagwekkend om te sien hoe die juigkommando in S.A. en oral oor gewag het vir die Den Haag-uitspraak en mekaar omhels en gejuig het. Juig maar en omhels mekaar en dra plakkate. Die uitslag was nie teen Israel nie, want hulle gaan voort. Waaroor ons almal treur, is die lewensverlies van onskuldige mans, vrouens en kinders. Ons lê dit voor die deur van Hamas.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!