Die lewe van ’n Ikaros-getuie
Ek het myself nog altyd as ’n vriend van die Ikarosse van die wêreld beskou.
Ons almal ken die storie van die jong man wat vlerke vir homself aanmekaar geslaan en die vlerke uitmekaar geval het toe hy té na aan die son gevlieg het.
Vir baie van ons was Ikaros se verhaal die staaltjie wat in ons kinderdae ons vlerke geknip het; juis vir ons eie veiligheid.
My probleem is die glinster in mense se oë wat my soos ’n mot na ’n vlammetjie aantrek. Daar is vir my niks mooier aan ’n ander persoon as hul magiese drome nie.
Ek het nog altyd gewonder of ek nie dalk ’n Ikaros is en klein mense met groot drome nie dalk die son is wat tot my ondergang gaan lei nie, maar die resultaat bly altyd dieselfde. My Ikaros vlieg te na aan die son en gevolglik val hulle in die see in. Met my wat agterna kom, want ek het waarskynlik my eie vlerke gemaak om agter my Ikaros aan te jaag; want waar ’n Ikaros gaan, is Iréne nie te ver agter nie.
Ek dink egter my rasionale denke keer my Ikaros-status. Ek sal my Ikaros net volg tot ek die sweet op my voorkop voel prikkel, dan hang ek maar eers daar rond tot my Ikaros geval het. Iemand moet seker weer veilig land en vir die mense op die grond gaan verduidelik wat met ou Ivan gebeur het. Iemand moet seker ook vir ou Ivan huil.
Ek sal nooit ’n legende in eie reg wees nie, want tussen die soeke na Ikaros, die op en af om te kyk hoe die Ikarosse val, en die verslaggewing van Ikaros se einde, is daar nie juis tyd om ’n legendariese lewe op te bou nie.
Die probleem is dat die roem van Daedalus, Ikaros se pa en ’n meesterambagsman, waardeur Ikaros oorspronklik sy eie roem bekom het, deur die jare vervaag en so te sê verdwyn het.
Dit lei ons na die lewenslange oorweging van antieke Griekse mitologie se mees gesogde soldaat, Achilles. In Madeline Miller se weergawe van die verhaal van Achilles en Patroclus, fokus sy baie op die peinsende sy van Achilles en sy stryd met ’n onversadigbare soeke na roem. Hoeveel van julle het al van Patroclus gehoor? Indien jy al het, onthou jy hom as enigiets meer as Achilles se vertroueling?
Hierin is ons menslike penarie: wil ons ’n Ikaros, ’n Daedalus, ’n Achilles of ’n Patroclus wees? Wil ons in konteks van die meesters bestaan en onthou word, of wil ons die olyftakkroon self dra en weet dat dit nie ons lewe is nie, maar ons ondergang wat ons name in die sterre gaan kerf?
Ek kan bevestig dit is beslis hartverskeurend om Patroclus te wees wat moet toekyk hoe jou geliefde Achilles sy kop verloor. Sou dit seerder wees om die Ikaros te wees wat eers moet brand en dan vir ’n oomblik vrede moet maak met jou dood voor jy in ’n watergraf beland? Het iemand vir Ikaros in sy watergraf gesê hy het vir homself ewige roem gebring? Het Daedalus ooit weer inspirasie ná die verlies van Ikaros gevind?
Ek sal maar agter die Ikarosse moet aanjaag en laat weet wat daarna kom.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie