Iréne-Mari van der Walt
Iréne-Mari van der Walt

Die ouer generasie se ‘keyboard warriors’

Iréne-Mari van der Walt
[email protected] Vir ’n generasie wat al my lewe lank vir my vertel ek moet my man staan en my gevegte veg of ophou om daaroor te kla, is die ouer ­generasie darem lief daarvoor om nie hul gevegte self te veg nie en eerder daaroor te kla.



Dit is vir my die ironie van die tegnologiese rewolusie – die ouer generasie was, en is tot ’n mate steeds, paniekbevange oor die negatiewe dinge wat met tegnologie gepaard gaan: swendelary, fopnuus, keyboard warriors en ’n verlies aan menslikheid in ons interaksies – die hele toetie.



Tog het die jonger generasie die kennis om hulself te beskerm teen die dinge wat die redes was waarom ons ouers ons nie naby tegnologie wou toelaat nie.



En terwyl my generasie onsself tot ’n redelike mate aanlyn veilig kan hou, is dit die ouer generasie wat hulself oorgee aan daardie gevare wat hulle oor ons koppe gehang het.



As ek op my sosiale media kyk wie die keyboard warriors is, is minstens driekwart van hulle van my ouers se generasie en gewoonlik duik ’n jonger persoon op met ’n meer redelike reaksie in die antwoorde op dié vegter se kommentaar.



Miskien was die ouer generasie nog altyd so oordadig – hulle kon dalk vir iemand sê presies wat hulle dink sonder om hul taalgebruik te ver-sorg en daardie persoon sou hulle afskryf en almal sou aanbeweeg.



Dalk is dit juis omdat my generasie nog altyd geweet het dat dit wat ons sê ons sal volg – dat mense ons naam kan opsoek en sien wat ons vir ander gesê het – wat daartoe lei dat my generasie dalk ’n bietjie meer kieskeurig is oor die woorde wat ons aanlyn gebruik.



Dalk omdat ons nog altyd aan die uiterstes aan beide kante van ’n argument blootgestel was, vind ons dit moontlik om iewers in die middel te land wanneer dit by ons sienings kom.



Miskien smokkel die blou lig van die toestelle meer met die ouer generasie se koppe omdat hulle nie daaraan gewoond is nie – ek weet nie.



Of dalk laat die teenstand en die geveg aanlyn die ouer generasie weer voel asof hulle uitstaan in ’n wêreld wat skielik baie groter geraak het.



Dit is immers makliker om in ’n groep van 50 uit te staan as in ’n groep van 5,17 miljard sosialemediagebruikers. Miskien was dit makliker vir die ouer generasie om te voel dat hulle iets kan beteken toe dit net hulle en die ander mense in hul dorp was – voor die ander 5 miljard mense by hul wêrelde gevoeg is.



Wat dit ook al mag wees, bly ’n raaisel en totdat die mensdom agter die kap van daardie byl kan kom, kan ons jonger mense net ons oë rol oor wat diegene ouer as 45 op die internet kan kwytraak.



[email protected]



* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!