Die spoor byster
BLIKBREIN SKRYF:
TransNamib moet dringend ondersoek instel na hul netwerk. Soveel ontsporings en verskonings soos wat ons die afgelope tyd ervaar het, is onaanvaarbaar.
Daar moet krities en eerlik na die probleem gekyk word en ’n aksieplan, nie reaksieplan nie, moet geformuleer word.
Waar lê die fout? Blameer ons maar die spoorlyn, die drywers, konsultante, weersomstandighede, regeringsinmenging of die gebrek daaraan?
Bestaan daar al enige logiese voorlegging wat die hele probleem aanspreek? Moet daar nie dalk vars bloed deur privatisering in die organisasie se struktuur ingepomp word nie? Kan die pasiënt nog gered word?
Komaan TransNamib, maak van ’n swak rekord en groot verleentheid ’n trotse prestasie. Soek kundige hulp, as jy dan nie jouself kan genees nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie