Praat Saam Briewe
Praat Saam Briewe

Dis die waarheid!

Mandy Rittmann
ANONIEM SKRYF:

Daar is iets wat my geweldig pla in ons kerk (sal maar nie die naam noem nie).

Die posisie van die voorsitters teenoor dié van die leraars (pastore). Volgens wat ek weet is die voorsitter/ster iemand wat die vergaderings lei. Kyk byvoorbeeld by die Kring Sinodes en Hoë Sinodes, die voorsitters neem nie die posisie van die Deken of die Biskop oor nie. Hulle lei die vergaderings (end of story). Maar by die gemeentes/parogieë, is die voorsitters die “leiers”, klagtes word na hulle geneem, sommige pastore neem nie besluite nie.

Ek het een pastor hoor sê: “Daar is my baas”, verwysende na die voorsitter. Dit is totaal verkeerd!

Pastor, die voorsitter/ster is u ouderling, nie u baas nie. Hy betaal nie u salaris nie. As daar ’n “baas” moet wees, dan moet u die “baas” wees. (Wel dis ook verkeerd, want u is die kneg van die Here wat die leiding moet neem).

My pastore, kom na vore en neem die leiding terug, neem tog die leiding terug in Godsnaam! Dink bietjie terug aan die dae van u ordinasie, u is aan die gemeente/parogie gegee en die gemeente/parogie aan u! Dit is deurmekaar in die gemeente/parogie wat die Here by monde van die Biskop aan u toevertrou het. Sommige ouderlinge het oorgeneem, vrae wat die leraar moet antwoord, word van hulle geantwoord, sommige leraars sit nie in hul kantore nie, die outokratiese ouderlinge is in beheer. Maak tog sommige dinge maklik vir die leierskap! Jammer as ek op iemand se tone getrap het, maar dit is die WAARHEID!

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!