Doolhof
MOGAMAT SALIE SABAN SKRYF:
Eggo’s deur ‘n doolhof.
Fluister sag met wind verdoof.
Kleurvol in die gange.
Doolhof koester hartstog verlange.
Soms is ons lewens volkleur.
Hartstogtelik geskakeer.
Goed vermeng met geur.
Aromas om van te kies en te keur.
In die doolhof van ons lewe.
‘n Stilte wat sidder en bewe.
Gedagtes in ‘n verlate gang.
‘n Lewe en dood ons is nie bang.
Doolhof van verlange.
Eggo’s verwaal in ons gange.
Soos die winde sagkuns fluister.
In ons hart na oor ons luister.
Eggo’s deur ‘n doolhof.
Fluister sag met wind verdoof.
Kleurvol in die gange.
Doolhof koester hartstog verlange.
Soms is ons lewens volkleur.
Hartstogtelik geskakeer.
Goed vermeng met geur.
Aromas om van te kies en te keur.
In die doolhof van ons lewe.
‘n Stilte wat sidder en bewe.
Gedagtes in ‘n verlate gang.
‘n Lewe en dood ons is nie bang.
Doolhof van verlange.
Eggo’s verwaal in ons gange.
Soos die winde sagkuns fluister.
In ons hart na oor ons luister.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie