Eenheid en samewerking

Mandy Rittmann
JAN MOSTERT SKRYF:

’n Treffende voorbeeld van hegte verhoudings, bande van samewerking en wedersydse respek was deel van die hartseer tydens die ter-aardebestelling van wyle matrone Monica Minnie. As ’n nooi van Tonder het sy in 1969 na Namibië gekom om haar loopbaan by die staatshospitaal in Windhoek te begin.

In 1968 is sy met Maugh Minnie getroud. Hulle het drie kinders, drie skoonkinders en sewe kleinkinders nagelaat. Gedurende haar loopbaan het matrone Minnie verskeie prestasiebevorderings verwerf en het in 2002 afgetree.

Sy was verder bekend vir die skryf van ingewikkelde mediese verslae. Ná ’n pragtige troosboodskap deur ds. Johan Serfontein het die verpleegkundiges die Eed van Verpleging langs die kansel voorgedra. Ná die diens het hulle saam met afgetredenes van die beroep voor die kapel ontmoet. Hierdie ontmoeting en omhelsings was ’n toonbeeld van hoe ons Namibiërs kan saamwerk en saamstaan en saamdeel.

Wie sê ons sal nie harambee bereik nie?

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer