Eerbetoon aan Ou Mollies Gariseb
/AWEBAHE JOHANNES //HOESEB, DIREKTEUR VAN ONDERWYS, KUNS EN KULTUUR IN DIE ||KHARASSTREEK, SKRYF:Wyle Groot Meester Moses Molan Gariseb, ofte wel Ou Molies, was een van die legendariese skoolhoofde van weleer, oor wie se streng bestuurstyl ek te hore gekom het by monde van onder andere wyle Meester Legio Skrywer.
Ou Mollies, soos hy wel bekend was, was glo baie streng en het glo nie laatkommery by die skool geduld nie. ‘n Onderwyser moes sy of haar werksplig met die nodige toewyding nakom ten einde in Ou Molies se goeie boekie te kon kom.
Volgens die oorvertellinge het wyle Groot Meester Moses Molan Gariseb nie gehuiwer om ‘n onnie wat in ‘n beskonke toestand by die skool opgedaag het met een taai klap nugter te kry nie!
Dit het die leerlinge baie beslis gebaat as ‘n onnie sodanig tot orde geroep is, want dan is daar lesse aangebied en die kinders het nuwe kennis bekom en bykomstige vaardighede aangeleer.
Voorwaar, wyle Groot Meester Moses Molan Gariseb het ‘n besonders merkwaardige, reusebydrae gelewer ten einde die skoliere wat aan hom as skoolhoof toevertrou was opvoeding en geleerdheid te laat bekom. Hy was ook ‘n reus in die ware sin van die woord gewees, as ‘n mens na sy liggaamsbou en voorkoms sou verwys het. Myns insiens was hy ‘n imposante reus as gevolg van die roem wat hy as ‘n skoolhoof verwerf het.
Dit is een van die onderwysmanne vir wie ek enige tyd die grootste eer menslik denkbaar betoon het as ons mekaar raakgeloop het. Dit was glad nie net omdat hy ‘n bekende persoonlikheid in die onderwyskringe was nie.
My respek vir wyle Kai Meester Molan Gariseb het gespruit uit dit wat ek van hom as skoolhoof ten hore gekom het. Hy het daardie eerbied uit en uit verdien op grond van die feit dat ek hom bewonder het oor sy loopbaan se geskiedenis.
Volgens oorvertellinge was skoolhoofde van sy kaliber maar yl gesaai.
Maar, ten spyte van sy uitgegroeide, fors voorkoms, was wyle Kai Meester Molan Gariseb glo ‘n baie saggeaarde mens gewees, wat baie omgegee het vir sy medemens, hetsy ‘n jongeling of ‘n oue van dae. Hy het my laat voel asof ek die hoogste amp in onderwys in die hele wêreld beklee het, met die wyse waarop hy my met die grootste ontsag denkbaar aangespreek het.
Hy het altyd vir my daarop laat let dat hy in besonders trots was op my oor die feit dat, soos hy dit altyd benadruk het, ‘n afstammeling van sy herkoms sulke hoogtes in onderwysleiding, bestuur en administrasie bereik het. My hart het sommer geswel van trots omdat dit juis van Kai Meester Moses Molan Gariseb gekom het, en ek kon aanvoel dat dit uit die diepte van sy mensliewende hart gekom het.
Dit alles was met ‘n sagte, innemende stem gespreek, onderwyl hy my met die grootste deernis aangekyk het.
Mag God vir die rouklaende familie asook die gemeenskap vertroos, en die siel van wyle Kai Meester Moses Molan Gariseb in ewige vrede laat rus. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie