Ek en jy en ons lilo
’n Dag of wat later was dit makliker om die verskillende groepe uit te ken.
As jy mooi afgeluister het by die verskillende restaurante of die “food court” wat die tafel langs jou kwytraak, kon jy begin raai van waar die eters is.
Dit was as die rooi verbrande gesigte en skouers met die wit hale waar ’n sonbril of ’n swembroek se skouerbandjies vroeër die dag was, nie reeds die geheim verklap het dat dié brose maagdelike wit vel twee oorstaanvlugte te vore eintlik nog toegedraai vir ’n koue Europese winter was.
Met die uitklim by die oord buite die Son(dige) Stad, wemel dit klaar van mense wat in die drukkende hitte van man, vrou en kind tot oupa, ouma, oom en tannie in ’n sekere staat van ontkleding by die swembad is. Dit wemel soos droogtemiere om die water waar die Kreepy Krauly deurnag gedreun het om die vorige dag se stof en liggaamlike vloeistowwe op te suig.
In die koelte het mammas hul tuisgemaak op die “loungers” onder die paar afdakke wat rondom die poel opgeslaan is. Pappa was met sy ontbytbroodjie van ham en kaas in die een hand en die koelboks in die ander én al die kleingoed se opblaasarmpies en -balle en hoede en sonroom onder al twee, reeds vroeg by die deur uit om die een met die meeste skaduwee te gaan deps.
Mamma het ’n vollyf-baaikostuum aan met die somer se jongste kleure in blompatrone. Haar vinger- en toonnaels spesiaal gemanikuur in ’n ligroospienk met ’n pikante pienkrosie wat in die hoek van elk van haar groottoonnaels skuil.
Oor haar bont baaikostuum dra sy ’n deurskynende jakkie met tossels skraps bo die knieë wanneer sy vir boeta en pappa se naamgenoot na die klein plonspoel dra. As sy langs pappa op die loungers lê, word die skynsel van ’n jakkie uitgetrek om in gelyke maat sonbruin te (ver)brand.
Pappa smeer met ingehoue asem en reëlmatige hale mamma se skouers, rug en bokant van haar boesem in en stuur skietgebedjies op dat boeta vanaand asseblief vroeg moet slaap en wonder of dit nou regtig so ’n doodsonde is om bietjie pynstroop by sy kleinjan se sappie nou al te gooi nie.
Teen die tyd wat die son hoog sit, begin die swembad se water verkleur soos die chloor meng met van die grassnysels en draairoomys wat van sussie se roomys ploep in die water, tot die antwoord op “Francolischia, moet mamma jou vat om te gaan piepie”.
In een hoek om nie in die pad te kom van klein Albertus Johannes Lodewikus wat met trots wys wat hy sedert die begin van die jaar by die swemklassies geleer het nie, is drie mans hard aan die probeer om mekaar onder die water te dompel. Aan hul figure is dit duidelik daar is ’n soet “mix” by hul drankies van keuse betrokke.
Die wit hale op hul gesigte weerspieël die desperate poging van hul vroulike lewensmaats om handevol sonblokroom op wange en voorkop (moet nooit die ore vergeet nie) in te vryf voor hulle in die water bars met elkeen wat die beste en grootste “dive bomb” wil maak.
Teen laatmiddag wat die bome lang skaduwees teen die swembad se oppervlak begin trek, word die groot trek van wat oor is van die opblaasspeelgoed, die OK-sak met die vuil weggooidoeke en die koelerboks met leë Spritzer-bottels en halfgeëte Woollies-bederfies terug na die selfsorgeenhede gedra.
Kinders in die bad, pappas voor die sportkanaal en mamma uiteindelik voor haar sepie.
Die stilte daal neer en vir die eerste keer kan jy die spreiers op die grasperke hoor swoosh, die voëls in die riete na mekaar hoor roep en die sekelmaan deur die doringbome sien loer.
Tot môre wanneer die naweekwegbreek vir die voortreflike familie Smit homself weer herhaal.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie