Ek sê maar net - Charlotte Muundja
Charlotte Beukes-Muundjua - [email protected]
Was julle al ooit by ‘n huis - nie gemiddeld, ons praat van grênd uit die boeke? Eerstens moet jy ‘n koperklokkie by die hek lui om in te te kom.
Knap tuintjies, maar beslis die handewerk van ‘n professionele tuinmaker - klippies, liggies, kaboutertjies en paddas by die fonteintjie.
Die welkommat omhels jou voete en uiteindelik betree jy die paleis. Ek is ‘n nuwe agent onder Madam Uiras se breë sambreel van klein besighede. Ek’s skoon skeeloog van rondkyk na allerlei mooigeit, kry skaars die regte benaming.
O ja, dekor! Geld kraai hier koning, ongetwyfeld. @Home-dekor is tuis hier (letterlik en figuurlik “at home”). Madam bied ‘n tropiese sap aan in ‘n baie delikate glas. Pasop nou, Cha’, jou vet vingers vat sterk!
En so sit ek daar op ‘n leerbank en ek bekyk die Kardashian-affêre, terwyl Madam die voorraad gaan haal. Dis toe dat my oog ‘n beweging in die kombuis vang. Ek kyk weer, met aandag. Sowaar, dis ‘n kakkerlak! Vredefors, waar pas die pes in die huis? Kom ons noem dit maar kakkeratja’s, gepaslik vir die habitat. My oog dwaal en zoom in op die opwaslap, beter bekend as ‘n jammerlappie. My vrek!
Wat ‘n kontras, die arme lap is ene rafels en gaatjies. Sien ek reg? Eto, die kombuis is die kosplek, dit moet skoon wees! Dis ‘n vrou se trots! Nou wonder, ek hoe gereeld word die yskas skoongemaak, nog ‘n broeikas vir kieme? Moenie nog van die oond praat nie... laasjaar Krismis se gammon-vetspatsels klou erg vas. Terwyl Madam op haar iPhone paradeer, betrag ek die kontraste. Sowaar haar jammerlappie is in flarde!
Net vir vandag, kom ons verbeel ons die kombuislappe is in opstand.
Eers sug Jamie, die jammerlappie “Og, ek bid elke dag vir ‘n genadedood. Ek’s kapoet!”
“Hou jou vaal bek, Jamie!”, skree Vadie die afdroogdoek.
“Jy ken nie my ellende nie, al hang ons saam in stilte. Hulle gebruik my sommer om vlieë dood te slaan. Ek word aanmekaar sopnat laat hang. Weet jy hoe suur ruik ek? Ek gaan beslis graf toe as ‘n oujongkêrel!”
Ollie die oond se vatlap sug, “Ag wat, julle drama queens, julle lywe ken darem ‘n weeklikse soak in Albex en seep. Ek word nooit gewas nie, ek’s al taai van jare se stof en vet. My vingers verbrand. Ek het my fatsoen as vatlap verloor. Ek is die herberg vir al wat kiem is.”
Vadie en Jamie is verstom, soveel mishandeling!
“Ons moes al lankal ‘n kombuisunie gestig het!”
Ollie sê “Telkemale word ek gebruik om kakkerlakke dood te slaan. Onlangs was dit ‘n
swanger kakkerlak. Ek is in trauma, ek maak nie ‘n oog toe nie, want ek is ‘n medepligtige aan ‘n reeksmoord”.
Jamie kerm “Ek het anderdag gehoor die meisiekind wil my verplaas na die toilet. Hoe de hel, nie eens ‘n strontpot sien kans vir my nie!”.
En soos die lappe hul lot bekla, gil die mop uit die hoek “Shut up, julle uitgedroogde longe, weet julle waste gemors ek verduur? Naweek vir naweek word ek deur kots gesleep van duur kos en wyn. Dan word ek half skoon gespoel. Ek is die kaptein van kieme, ek’s een vrot kop! En dan word ek nog in water laat staan”.
Nou wonder ek, watter soort kos kom uit die gemorskombuis? Bo blink maar onder stink. Sal ons die laaaang naels die skuld gee? Want selfs huishulpe doen naels, hare en wimpers. Vir wie, vir wat, met daai drie rand salaris. Titse, die lewe is sowaar holderstebolder!
En so eindig die kombuiskronieke soos Madam Uiras my pakkie vir my bring. Ek gooi huistoe met jammerte vir Madam Uiras se jammerlappies en swanger kakkeratjas. My minse, onthou om die Kardashian-pakket te volhou, jammerlappies ingesluit. Pep Home roep jou op jou naam! Kry jou jammerlappie jammer, toxoba! - Gasskrywer

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie