Praat Saam Briewe
Praat Saam Briewe

Elke maand 'n rekening, vir geen diens

SLAGOFFER SKRYF:

Telecom Namibia steel ons geld.

Ek het vir ’n hele paar jaar van Telecom se dienste by my huis gebruik.

In November 2021 stuur ek ’n epos na twee van hulle e-pos adresse (die een wat handel oor invoices en die ander hul kliëntediens) om hul in te lig dat ek die dienste wil staak. Vroeg in Desember kry ek ’n staat vir die hele Desember, wat ek toe bevraagteken, want volgens my moet ek net ’n pro-rata deel betaal.

Die dame by kliëntediens noem toe dat daar ’n spesifieke vorm is wat ingevul moet word. Nou ja... Hoe moes ek dit weet? Niemand het in November op my epos ge-antwoord en my daarvan ingelig nie.

So twee goed gebeur: Ek betwis die datum van my kennisgewing (as iemand my van die vorm in November ingelig het, sou ek dit daardie tyd al ingevul het) en ek stuur die ingevulde vorm. Raai wat?

Vroeg in Januarie kry ek weer ’n staat vir die hele Januarie! Ek volg weer op en daar word gesê dat hul die saak ondersoek.

En toe, vroeg in Februarie, weer ’n staat vir die hele Februarie! En ek is doodseker ek gaan weer een vir Maart kry.

Maar nou word ek gesê, dat ek oorhandig gaan word, omdat ek nie my rekening betaal nie. Hoe werk dit? Moet ek betaal, omdat Telecom onbevoegd is?

Moet my kredietwaardigheid en my reputasie nou skade ly, omdat Telecom nie eenvoudag kan sê: “Sorry we made a mistake, attached is your corrected invoice" nie?

Wat meer moet ek doen?

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!