Essensie van kerkwees (Deel 2)
ANDRE MOUTON SKRYF:
BELANGRIKHEID VAN SELFONDERSOEK
Die klem op begeleiding bo veroordeling bevorder 'n lewe van omgee en empatie wat ander na redding lei. Die oproep om “die sondaar lief te hê, maar die sonde te haat” mag nie volledig strook met die Bybelse getuienis oor hoe ons teenoor sonde en sondaars moet optree nie. Die Ou Testament roep ons op om in respekvolle verbintenis met alle mense te leef, omdat die God
van Israel Here is van alle volke, tale en nasies.
Ons liefde vir God moet ons lei tot 'n lojale verbintenis met mekaar en tot die liefhê van ons medemens. Omdat God ons liefhet, leef ons in liefde met alle mense, terwyl ons onsself losmaak van die sonde. Hierdie benadering plaas die klem op ons eie heiligmaking deur die genade van God, eerder as om 'n oordeel oor ander uit te spreek. Ons moet waak teen 'n Fariseïese houding en eerder fokus op ons eie verlossing en groei, sodat ons ander kan begelei en bystaan in hulle eie reis na redding. Dit is nie altyd maklik om lief te hê nie. Dit vereis moeite en toewyding, soos Paulus aan die Tessalonisense skryf oor die moeitevolle inspanning van hulle liefde.
Die lewe van liefde is 'n ritme wat aangeleer en ingeoefen moet word, en wat voortdurende inspanning vra. Dit is nie net 'n gevoel nie, maar 'n manier van lewe wat ons by God leer. Geloof, hoop en liefde is die kern van 'n lewe in gemeenskap met God, en van hierdie drie is liefde die grootste (1 Korintiërs 13:12).
TOEWYDING AAN CHRISTUS
Geloof in Jesus vereis meer as slegs dogmatiese getrouheid; dit verg 'n onwrikbare toewyding aan Sy lewe, dood en opstanding. Die uitdaging vir die kerk is dus nie net om 'n suiwer leerstelling oor Jesus te verkondig nie, maar ook om aan mense te demonstreer hoe 'n lewe wat verbonde is aan die lewe, dood, en opstanding van Jesus lyk. Geloof beteken om met verbondenheid aan Jesus te reageer op die verbondenheid van God. Soos 1 Korintiërs 1:9 sê: “God is getrou, deur wie julle geroep is tot verbondenheid met sy Seun, Jesus Christus, ons Here” (Die Bybel 2020-vertaling). Dit beteken dat ons nie net ons geloof bely nie, maar dit uitleef in ons dag tot dag lewe, deur ons toewyding en lojaliteit aan Jesus te wys in al ons dade en besluite.
OM VERSKILLE MET LIEFDE TE OMHELS
Wanneer ons met mense omgaan wat anders dink as ons, moet ons besef dat ons woorde en dade diep seer kan veroorsaak en verdeeldheid kan saai. Soms is ons opinies so sterk dat ons ander mense eenvoudig nie kan raaksien nie. Dit gebeur so baie dat ons oor mense maar nie met mense praat nie. Die oproep is om te stop en te begin luister. As ons die agtergrond en omstandighede van ander begin verstaan, besef ons dat ons eie waarheid nie altyd die enigste waarheid is nie.
Die erkenning van verskille vereis nie net respek nie, maar ook voortdurende liefde. Om werklik iemand anders te verstaan, moet ons verby ons eie aannames en
perspektiewe kyk. Dit kan help om die gaping tussen mense met verskillende sienings te oorbrug en kompromië te vind. Die bou van ons identiteit rondom kernwaardes, eerder as opinies, kan ons help om minder weerstandig teenoor verandering te wees.
ERKENNING VAN KOMPLEKSITEIT
Terwyl verskille mag bestaan, moet liefde ons leiding gee in die strewe na waarheid, met twyfel as 'n katalisator vir reformasie en persoonlike groei. Baie keer word sake voorgestel asof daar net twee keuses is: reg of verkeerd. Hierdie swart-en-wit benadering laat min ruimte vir nuanses en verskeidenheid van perspektiewe. In werklikheid is die meeste sake kompleks en het hulle
verskeie moontlike antwoorde en uitgangspunte.
As ons hierdie realiteit besef, kan ons meer
oop wees vir nuwe idees en standpunte. Dink daaraan: as daar geen twyfel was nie, sou daar geen wetenskaplikes of ontwikkeling wees nie. Twyfel is 'n noodsaaklike deel van groei en vooruitgang. Wanneer iemand 100% seker is dat hulle reg is, kan dit jou blind maak vir moontlik die waarheid.
Ons moet ons kerklike identiteit bou op die Bybelse kernwaardes wat duidelik in die apostoliese
geloofsbelydenis uitgelig word, eerder as op bybelinterpretasies wat kan verander en wat deur
ons menslikheid beinvloed word. Dit is aanvaarbaar om van mekaar te verskil en tog in liefde te bly strewe na die bevordering van die waarheid. Twyfel is 'n natuurlike deel van die reformasieproses en persoonlike groei, maar verdeeldheid is 'n ander saak. Dit is wanneer
liefde in die gedrang kom en ons die perspektief van die werklike waarheid verloor.
Ek bid dat ons die hangende oproep tot verbandsverbreking ernstig bedink in gebed en te verseker dat ons elkeen 'n bydrae lewer tot die gesprek, terwyl ons bid vir die oorwinning van Jesus. – Einde
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie