facebook aanlyn
facebook aanlyn

Facebook 1 Maart 2023

Mandy Rittmann
“Twee lokomotiewe en een treinwa het gisteroggend om 09:30 sowat 50 kilometer buite Lüderitz ontspoor”:

Spore in baie goeie toestand, baie ander faktore wat kan aanleiding gee. – Willi Salpeter

Hoe het dit gebeur? Dit kan net wees aan laksheid met doeltreffende onderhoud op die treine en spore? – Cobus Smith

Daar is seker niks treine oor in Namibië. – Hester Delport Kotze

Rus in vrede TransNamib. – Boeta Breedt

“Regstellende aksie maak seer”:

Nogal omdat die privaat sektor die meeste werk verskaf nou wil julle dit ook doodmaak. Leer eers uit julle foute van korrupsie en bekamp eers armoede en hebsug. – Lilian Blaauw

Dis dan die private sektor wat die wiele van die ekonomie olie. – Bartholomeus Pieters

Onnodige geld, energie en tyd mors met sommige van hierdie ligsinnige beleidsrigtings wat rêrig eintlik geen sin maak nie. Het die mense nie beter goed om te doen nie. Minister Bondel Vreugde en sy span is maar net ’n groot bondel stres. – Bartholomeus Pieters

Presies op dieselfde spoor as SA, hulle leer mos daar al die onheilighede. – Maria Jacoba Bronkhorst

Die oomblik wanneer die regte mense met die regte ingesteldheid en die regte kwalifikasies en know-how aangestel word, gaan alles in die land beter wees. . . maar nie NOU.. wanneer my vriend of my boetie of my sussie aangestel word nie. Hulle doen niks anders as om net salaris te kry nie. Punt. – Hallie Louw

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!