Facebook 11 Julie 2023

Mandy Rittmann
“Rowers oorrompel egpaar:”

Nee, wat gaan aan? Julle kry nou end met julle boosheid. Los die mense in vrede en leef met alle mense in vrede. – Mara van Wyk

Hiermee sal vinnig gewerk moet word, en hulle sal gekry moet word, voordat Namibië ook van die toerismekaart as veilige bestemming geskrap word. – Tillie van Solms

PasIN: “16-jarige wen talentkompetisie in VSA”:

Ek is soooo supertrots op jou, Allen! Ek weet hoe hard jy gewerk het hiervoor! – Colette Wiese Rieckert

Baie geluk. Ons het baie talent in Namibië. – Else Kruger

Geluk jongman. Mag jy geseënd wees. – Aletha Mouton

#PasIN: “Drie mans vas ná hul glo 46-jarige vrou verkrag”:

Ek praat dit nie goed nie, maar hoe kan ’n vrou middernag alleen deur die bosse loop. – Josef Louw

Is waar, ek hoor wat jy sê, maar nee dit gee geen mens die reg om ’n vrou te verkrag nie! Dis wreed! – Lizl Lisse

Wat maak ’n vrou by die sjebeen so laat en loop nog alleen rond? – Anna Ulrich

Ek sê dit weer. En dis shocking dit word gesê vir ’n medevrou – daar is geen verskoning om iemand te verkrag nie. Jy kan kaal deur die straat loop 12 uur die nag, en dit gee niemand die reg om aan jou te vat nie. Kan nie glo jy wys vingers na haar kant toe nie, en jy is nog self ’n vrou ook. Skokkend! – Dominique Bouwer

Ons weet ons is nie veilig nie, maar dan gaan voer ons onsself aan die leeus. Nog so laat ook. – Sophia Gaeses

Wat gaan met die wêreld aan. Og, dis boos en nêrens is jy veilig. Of jy word beroof, gesteek, geslaan en dan aan jou eie lot oorgelaat. Bly maar in jou nes, dan is jy ongekwes. – Nikolaus van Wyk

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer