facebook aanlyn
facebook aanlyn

Facebook 11 Oktober 2023

Mandy Rittmann
“’n Persoonlike blik op Maltahöhe se geskiedenis:”

Glo u gaan die wysheid oordra in die jong mans van u familie. Al die seën op u. – Deseree Louw

Ek sê aldag vir jong mans wat saam met werktuigkundiges werk wat weet wat hul doen, vang met die oog. – Leroy Adams

So trots op jou my oom. “Werk is edel” het my oorle ma gesê. As vandag se generasie daardie werksywer kan koester, dan is daar hoop vir die toekoms. – Severius Majiedt

Ryk geskiedenis regoor Namibië. Dankie Republikein dat julle ons groot mense se biografie deel. Hulle sukkel en oorwinnings. – Davin Dentlinger

So het ek Boeta leer ken as jong kind. Pligsgetrou, dapper, hardwerkend, passie en karaktervol en ’n harde ambagsman. Het baie by Boeta geleer, ek het ook jare terug met Boeta as finansiële komitee by die kerk kantoor gedien. Ek salute Boeta, iemand om op trots te wees en na op te sien. – Ruth Kruger

Leer tog die mense as jy steel (met die oë), dan moet jy reg steel, tot jou voordeel! – Eddie Irvine Vries

Ja dis so, maar vandag steel hul nie geleerdheid met die oë nie. Hul steel verkeerde goed wat jy nie mag steel nie. – Maryna Mostert

Goeie raad en les gewees. Het in my tyd ook geleer om die oë kos te gee. Kyk, leer en pas toe. – Bets Nieuwoudt

Dankie vir jou sweet en arbeid ook aan daai mooi kerk. Hoop dit sal nog lank staan. Ek was een van die predikante wat daar gedien het. – Thinus Coetzee

Weereens word daar bewys, die oom het nie bakhand gestaan nie. Hy het gewerk en sy oë gebruik om die werk te kan doen. Vandag is hy ’n trotse oupa, pa en op wat hy uitgerig het. – Frans Baard

Was goeie advies en jy het gebruik gemaak daarvan. As vandag se jongmense ook net hulle oë wil kos gee. ’n Ou tannie het baie jare gelede vir my gesê dat ’n man wat met sy hande kan werk, sal nooit honger ly nie. So ook ’n vrou wat kan bak en naaldwerk doen. Jy is ’n lewende voorbeeld en getuienis daarvan. Ook het jy bewys daar bestaan nie so iets soos, ek kan nie, ek weet nie of ek het vergeet nie. Ek salueer u, oompie. – Corrie Herbst

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!