Facebook 13 Junie 2023
“New York wag op Swakopmunder:”
Wys hulle wat in jou steek meisie, soos jy glo, so sal dit wees. – Esme Van Wyk
Baie geluk, mag jy behoortlik uitstaan. Glo altyd in jouself... Sterkte! – Bettie Mouton
Sit groot smile op en laat weet ons wanneer jy sing en Namibië chearrrr vir jou! – Rudolf Petrus van Wyk
Jy is uitgesit vir daai kompetisie! Ons is ál die pad agter jou... Swakopmund en die hele Namibië! – Lady-Di Delie
“Groep glo in gastehuis aangehou:”
Nie goed vir toerisme nie en die regering moet hierdie tipe optrede baie vinnig stop sit. Jy het die reg om veilig te wees in jou land, 24/7. – Louise Jansen
Moenie net enige iemand inlaat nie. Ek is baie versigtig net om geboekte gaste in te laat, oor die ding nou begin hand uitruk. Veral as hul laataand slaapplek soek. Sekuriteit is nou ’n moet! – Malani Grobler
Mense wees paraat, hul teiken die gastehuise. – Lynette Welgemoed
Ons begin SA se streke! Dis nie goed vir toerisme nie. Werkloosheid maak dinge net nog erger. – Moiselle Klein
“NamPower sal nie kragvoorsiening afsny nie:”
My vraag is, waar gaan NamPower die geld kry om alles in stand te hou as hulle nie mag drasties optree nie. – Tienie de Beer
Ja dis reg, maar ek neem Erongo Red en Cenored en daai plekke kwalik. Hoekom laat hulle dit toe dat die uitstaande skuld so hoog raak. Hoekom sny hulle nie dadelik hulle krag af as hulle nie betaal nie. Sekere pensioenarisse se krag word dadelik afgesny as hulle nie betaal nie? – Maria Jacoba Bronkhorst
Sny die mense se krag wat nie betaal nie. Hoekom moet die mense wat elke maand hulle krag betaal ook daar onder lei. – Marie Smith
NamPower moet eerder identifiseer wie hulle niebetalende kliënte is nie. Dit lyk vir my die verbruiker is nie groot sondebok nie, maar die kragagent/verspreiders soos Nored, Cenored ens. As hulle nie die geld van die verbruiker oorbetaal nie, moet die nodige stappe geneem word om die bestuur summier strafregtelik aan te kla. – Henry Bisschoff
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie