No Image Caption

Facebook 14 Julie 2022

“Taxi’s gaan staak, sê vakbond”"

Daar moet ‘n manier wees dat Jan Publiek die Regering aanvat, om te verduidelik hoe word die petrolprys bereken en vir watter doel word die inkomste uit brandstof aangewend? – Cobus Smith

Almal in SA en Namibië moet staak, van noord, Kunene, Noordoos-Caprivi tot onder aan die punt van die Suid-Kaap tot hierdie xxx stop en herstel word. Soek die paneel wat dit sal bewerkstellig. Gooi hul uit (en) bring brandstof terug op sy plek, N$8/R8 per liter, dan sal alles weer normaal kos en almal sal weer kan voortgaan. – Frikkie Oosthuizen

Is dit oor die brandstofpryse? Indien wel, go taxi's go! – Amor Blum

Hoekom gaan sien die NTTU nie die regering oor die hoë brandstofpryse nie. Nou stel hul eerder ander mense wie nog werk het in ‘n moeilike posisie van afwesigheid by werk a.g.v. van vervoer. – Millie du Plessis White

Wie benadeel hulle ... net hulself en hul verloor nog meer. – Ria Oosthuizen Ehlers

Taxi-ouens, dis julle eie karre wat julle met julle eie geld gekoop het, as dit nie uitwerk nie, trek af, bly by die huis, moenie nog vir onskuldige saamryers skuld gee om jou kostes te dek nie. Ouens, dit sal nie so werk nie. – Wilhelm Goseb

“Al strawwer mededinging in brandstofbedryf:”

Mos laaankal gevra hoekom kan ons nie petrol van Angola af invoer nie. – Tania Steenkamp

Fals info. Maak net pryse reg, dis al. Ons sien mos wat kos dit op die mark en hou op strooi praat van Angola se fuel, kry dit, 2022 se voertuie ry dit elke dag en kom niks oor nie. - Frikkie Oosthuizen

Minder tax op petrol en Angola. – Riaan Dreyer

Julle lieg net. Julle kry nou baie geld uit ons uit. Is baie swaar. Ek is nou besig met my fiets regmaak, kan nie 400 se petrol ingooi en my kar is nie eers kwarttenk nie. – Damian-Celes Markgraaf

En die verbruikers betaal ekstra, om vir Namcor ektra vulstasies oop te maak. – Carl David Marx

Waar wag Angola vir ons? Ek het daar gewerk. As jy daar wag vir petrol, wag jy lank. Hulle tax is minder en hulle het olie, maar maak nog nie hulle eie fuel nie. – Nico Jansen

Hulle, die stakeholders wat die petrol invoer, is dieselfde ouens wat in die government is. Daar is ‘n conflict of interest. Hulle maak geld uit ons swaarkry. Hoe slaap die mense!? – Howard Hilton Smith

Kommentaar

Republikein 2025-04-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer