facebook aanlyn
facebook aanlyn

Facebook 14 Julie 2023

Mandy Rittmann
“Sloerende sertifikate kniehalter plaasverkope”:

Jip en so wag ons ook. – Trevor Van Vuren

Solank die afgode aanbid word, sal die gesukkel voortduur. – Elia Kotze

Die burokratiese gesloer met prosesse is onaanvaarbaar! – Izak Smit

“Begroting van N$15 m. vir parlementsreise”:

Waarom verbied die president nie die hou van konferensies deur parlementslede en spesifiek ministers buite Windhoek nie? Daar behoort ook deeglike kontrole van die presidensie se kantoor te wees t.o.v ministers, hul adjunkte en uitvoerende direkteure ten opsigte van reise wat hul onderneem. Is die president werklik ernstig daaroor om onnodige uitgawes deur sy regering aan te spreek? – Paul Brits

Hoe wil die president keer as hy saam op daai geld trein ry. – Johannes Le Roux

En dit kan maar net so aangaan, terwyl die res van die land in duie stort? – Annamié Louwrens

En die paar belastingbetalers moet maar betaal! – Griet Engelbrecht

Help eerder die land se burgers! Hou op om ons geld te mors! – Charné Bloem

Gebruik daai geld vir behuising, ons land se mense sit op die vlak sonder kos en water, sonder dak oor hulle koppe. Gebruik tog julle gesonde verstand, daai gebou is okay beveg armoede. – Juliana Van Wyk

Die Here moet genadig wees vir die mense, want ons mense vergaan van honger in die land, verkluim van koue en is haweloos. – Pat Koopman

Dis hoekom ek nie vote nie, want ’n mens word net belieg. – Bina Botelho

Belaglik, gebruik geld om skole te bou en skoolgeboue te herstel! – Ronel Dereuck

Hulle loop mos met oogklappe op die straat en sien nie die mense wat in asdromme grawe vir iets om te eet (nie vir herwinningsmateriaal) nie. Maar kom die verkiesing dan wil hul mos die nasie voed, maar ook net vir een dag of met een kospakkie. – Christa-Lienette De Jager

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!