facebook aanlyn
facebook aanlyn

Facebook 14 Maart 2023

Mandy Rittmann
“Eis van dood vir pasgeborene misluk”:

Dit is baie hartseer, en hul kom skotvry daarvan af. Die moeder moet daar uitstap sonder haar baba wat sy 9 maande lank gekoester het, dit is hartverskeurend. – Riekie Coertzen

Tragies, word mense nie opgelei nie! Sommige is miskien nie geroepe vir enige werk nie, solank hy of sy geld verdien. – Anita Bester

Lê sy dan nie op ’n bed as sy kraam nie? As dit die regter se kind was, dan sou dit ’n ander uitslag wees. – Deon Louw

“’n Aftreeoord vir diere”:

As jou hart vir diere is, kan niks en niemand dit van jou wegneem nie. Reni, jy is excellent, well done! – Marietjie Strauss

Mense met harte van goud. – Orpa Kuhn

Dit is die grootste hart wat ’n mens kan hê, en dit is vir diere, want hul kan nie praat om te sê waar is die seer nie. – Rita Maritz

“Besnoeiing van staatsdiens onder die loep”:

Hy moet eers sy advisors en kabinet besnoei. – Jacobus Otto

Nie eens besnoei nie, hy moet hulle afdank laat hulle gaan rus, hulle is oud! – Blommy Naobes

Wil graag weet watter diens doen ons weermag, verkoop julle plase dan is daar genoeg geld, miskien kry ek ook. – Babs Genis

Verkoop ook sommer die helfte van alle vervoer waarmee naweke so privaat rondgejaag word en gebruik alle scrap voetuie vir parte, om die wat oor is instand te hou. – Louw Steenkamp

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!