facebook aanlyn
facebook aanlyn

Facebook 15 Januarie 2024

Mandy Rittmann
“Namibië veroordeel

Israel se optrede:”Israel het die reg om homself te verdedig! – Cobus Smith

Afrikalande moet maar eers voor hulle eie deur vee... – Lena Van Zyl

Baie, baie, baie skoner as Europa se deure. – Nam Polo

Laat Namibië maar eers haar eie probleme uitsort. Amae! – George van Wyk

“Reho-moordverdagte bly in aanhouding:”Hy moes nooit uitgekom het nie. Indien hy agter tralies was, het daai vrou nog gelewe. Hy moet diep gebêre en vergeet word. Die sleutel moet weggegooi word. Sterkte vir die vrou se familie. Dis erg! – Johanna Strauss

Ek vrees ons loop dieselfde pad as SA, nêrens meer veilig nie, dis totaal onaanvaarbaar! – Lizl Lisse

As die gereg hom toegesluit het die eerste keer, hoe kon hy vrygelaat word as hy iemand vermoor het. As hy toegesluit was, sou die tannie nou gelewe het! Die gereg het haar gefaal. – Ronel Dereuck

Laat ons saamstaan laat hy geen borg kry, lewenslank asseblief. – Meisie Gawanas

Die familie van die 64-jarige moet ’n hengse eis teen die regering insit. Die regering het gefail om haar te beskerm, en dis hulle grootste obligation om veiligheid van burgers te verseker. Hulle het ’n moordenaar (wat deesdae meer regte as almal het) vrygelaat. – Glen Farmer

Nou wat soek hy dan buite, gee hom nog borg dan kan hy nog iemand vermoor. – Ralie Roelofse

Gevaar vir die gemeenskap en samelewing. – Ingo Irle

Die mense wat die dwelms verkoop is net so skuldig, sien hulle nie waartoe lei dit nie. Jou eie mense kan jy nie vertrou nie, onskuldige vrou moet met haar lewe betaal vir ’n drug dealer se geldgierigheid. Mag die Here ons mense se oë kom oopmaak dat hulle kan sien waartoe lei die dwelms hulle. – Loes Manetti

Wanneer wil die jeug besef dat die dwelms hulle en die mense rondom hulle verwoes. Here gryp in, gee ons die nodige insig en wysheid om ons kinders te help. – Cathrine Smith

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!