No Image Caption

Facebook 16 Augustus 2022

“Man ‘woon’ by geliefde in hospitaalkamer”:

Sterkte julle twee. Jul was nog altyd soos kettie en klip. Wat 'n voorbeeld van ware liefde. Vertrou Daggie gaan sommer gou beter word. – Tessa de Jager

Dis prysenswaardig. Die hospitaal moet erkenning kry. Dit word swaarliks toegelaat. – Julliana Whitlow

‘n Voorbeeld van ‘n ware man ... en ‘n vegter van ‘n vrou! Lief julle. – Irma de Man

Wonderlik dat die hospitaal so tegemoetkomend is. Mens kry dit nie aldag nie. – Hester Dames

Baie goeie voorbeeld vir ander mans. Dit hier, is ware liefde. Hoop sy raak gou gesond en gaan huis toe na die wie haar eindeloos liefhet. – Gina Beukes

“Verbod op jagtrofeë nadelig vir Namibië”:

Die EU kan mos streng gesondheid- en dieresiektebeheer vereis. ‘n Trofee is ‘n dier wat al maande gelede doodgemaak is en deur ‘n taksidermikus verwerk is. – Gideon Kotze

Maar nog steeds sal poaching/ onwettige jag ongedeerd voortgaan, terwyl onskuldige,wetsgehoorsame burgers weereens daaronder moet ly. – Johan Scheepers

“Dubbele tragedie tref Keys-familie”:

Ja nee ons harte is baie seer oor Quintin. Mag sy siel in vrede rus. Een van my beste customers/vriend gewees. – Irene Koopman

Ai, dis bitter hartseer. Weet nie hoe mens sonder die Here se genade deur so 'n slag sal kan kom nie. Sterkte. – Maria Jacoba Bronkhorst

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer