facebook aanlyn
facebook aanlyn

Facebook 17 Mei 2022

“Emosies hoog na China Town-onluste:”

Ons kan probleme aanspreek, maar nie op so 'n barbaarse manier nie, haar seun het Ndeitunga name genoem, geen respek vir president as grootmens nie, maar in plaas om haar ou kind te tugtig, is dit nou skielik ander mense se skuld. – Ismarelda Hangua-Magagula

Vir hoe lank moet die leiers van die land weg kom met hulle selfsugtigheid. Elke ouer tug hulle kinders tot hulle volwasse genoeg is om hulle eie keuses te maak. Moet nie so praat soos jy daar doen nie as jy geen begrip het oor hoe dit voel om niks te hê nie. Hulle staan ten minste op vir die jongmense wat probeer brood op hulle tafels wil sit. – Daphne Ester

“Kind” want eindlik is dit ‘n volwasse man, oortree die Wet. Ouer blameer die Gereg en President. En om dit af te rond bring sy die Hemelse Vader in oor die sogenaamde ongeregtigheid. Die enigste ongeregtigheid hier is 'n Ouer wat haar kind se kant kies, nadat hy die Wet oortree het. G’n wonder ons Gemeenskap is wat dit is nie. Min volwassenes vat verantwoordelikhied vir hul optredes of in hierdie geval 'n Ouer vir die kind. – Christy Kröhne

“Geen dokter vir meer as 20 000 inwoners:”

Swapo government start looking after the people of Namibian and not after Swapo people only, come right tog get grip. – Louis William Louw

Eina. . . Wil mos nie Swapo stem nie. – Rassie Farmer

Ons dorpie het maar so stuk-stuk fondse aanmekaar geslaan en 'n privaat ambulans gekoop. – Mariette Louw

“NEFF-ondersteuners dreunsing by die Windhoek-landdroshof:”

As Namibiers nie vinnig n plan maak met die rooi keppies nie dan het die Regering n probleem op hande? – Cobus Smith

Sluit hulle toe en maak 'n voorbeeld van hulle dat Namibië nie soos SA word waar geen wet en orde heers nie. – Maria Jacoba Bronkhorst

Die media laat hulle groot lyk, media moet dit stop! – Heliette van Huyssteen Horn

Hierdie klomp wat so betoog, het hulle nie werk nie of betaal iemand hulle om te betoog. Vra maar net. Dalk kan ek ook iewers “score”. – Susan Oosthuizen

“Omicron-subvariante dryf nuwe infeksies:”

Aggenee! Net nog 'n “wave!” Ons is al deur vier "waves," en sal hierdie ene ook "ride." Ons het immuniteit en medisyne. Ons skrik nie meer vir die bangmaakstories om ons moue op te rol nie. – Johan Brand

Glo my ek AL twee weke lekker siek met hierdie wave. Wens dit niemand toe nie. Wees dankbaar as jy gesond is. – Mundi Labuschagne

Is nie almal wat die medisyne kan bekostig nie. – Jack’s Swart

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!