Facebook 19 Januarie 2023
“Ouers in hegtenis ná lyk van babadogtertjie in vlak graf gevind is”:
Here wees vandag met elke ouer wat nie kans sien om ’n kindjie groot te maak nie. Here gee hulle wysheid en leiding om asb in U Grote Naam nie hulle kindertjies skade aan te doen nie. Gee liefde in hul harte vir daai kindjie of kinderjies asb Here. Ek smeek U. Amen – Catherine Kisting-De Klerk
Dit voel vir my ek kan op ’n berg gaan staan en skree: ”As jy nie jou kind wil hê nie bel my asseblief.” Onskuldige mensies moet nou boet. – Namibia Kameelhout
Liewe Genadige Vader in die hemel, help asseblief die kindertjies en babatjies uit die greep van die duiwel wat so vroeg in hierdie jaar in ons land woed! Bestraf enige een wat met ’n verkeerde en wrede gedagte sit teenoor ’n kindjie! My hart is gebreek as ’n moeder om hierdie goed amper elke 2de dag te lees. – Tessa Damens Hendricks
Wat op dees aarde gaan aan met die moorde op babas en jong kindertjies? Hierdie monsters moet doodstraf opgelê word. Hulle is nie werd om in die samelewing te wees nie. – Romien Van Wyk
“Chrysander aan stuur vir Curriebeker aanslag”:
Beste nuus na ’n lang afwesigheid, lekker voorbereiding, kom ons maak stadion vol! – Connie Viljoen
Goeie voorbereiding vir die Wêreldbeker, beste nuus in jare! Baie geluk, hoeveel van ons beste spelers sal hier wees om saam die Curriebeker aan te vat. Baie geluk Namibiese Rugby Bestuur! – Rudolf Petrus Van Wyk
Goeie nuus, uitstekende ontwikkelingsgeleentheid vir Namibië se rugbyspelers. – Hendrik Hanekom
SMN: “’n Hartseer gesig”:
NWR se mense bekommer hulle slegs oor hul salarisse. Onderhoud/instandhouding en goeie maniere is nerens op hul “to do” lyste nie, want dit bring niks in hul sakke. – Heinz Bresele
Vergeet die politiek of wie aan bewind is. Geen nuwe party gaan iets verander nie. Hulle sakke is nog leeg. Die publiek, ek en jy en almal wat verbetering wil hê, moet eers self die pot aan die kook kry. Ons moet praat en praat. Tyd vir stilbly is nou verby. Ons wil nou gehoor word. – Esmé du Plessis
Ek stem volkome saam, maar alles waar die regering is val uitmekaar en al die opposisiepartye sit stil en kyk net. Niemand word tot verantwoording geroep nie. – Willie Salpeter
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie