Facebook 2 Augustus 2022
"42 216 in staat wil staak":
Die staat het 'n lat vir hulle eie alie gesny om hierdie ding so ver te laat gaan het! So nou in die toekoms stem ons vir staking as ons nie ons sin kry nie. Ons almal kry swaar, ons almal ervaar die verhoogde pryse in die winkels en moet daarmee saamleef. Sny op luukshede en maak minder skuld. Dis 'n skande dat sogenaamde geleerdes oorgaan tot staking. Ek skeer nie almal oor dieselfde kam nie, want daar is van die onderwysers wat hulle nie gesteur het aan dit nie en kinders se opvoeding eerste gestel het. Dankie vir julle. - Esther Rust
Net die belangrikste staatsamptenare m.a.w. onderwysers, onderwyseresse en verpleegsters verdien die verhoging. - Brandon van Wyk
Wanneer kan ons pensioenarisse begin aangesien ons ook 4 jaar laas net 'n vyftig dollar verhoging gehad het. - Maria Jacoba Bronkhorst
Party staatsamptenare verdien vir seker 'n goeie salaris en verhoging, maar party ... - Helga Mertens
Dit is so. As een amptenaar sleg is, beteken dit nie almal is sleg nie. Die groot probleem is swak leierskap en swak leierskap het net negatiewe gevolge. Ek onthou dat toe ek 'n jong onderwyser was, daar ook gevra is vir 'n verhoging vir staatsamptenare. Toe het hulle ons beskou as aweregse amptenare. My salaris het toe darem gespring na R2 820 per jaar. - Andre du Toit
Nee wat, as die onderwysers so goed was, sou die slaagsyfer van kinders nie verlaag word nie. En ons sou nie maande moes wag vir tax-uitbetalings, ID's, paspoorte, pensioen ens. by alle staatsdiensinstellings. Ons sou 'n goeie staatshospitaal gehad het om na te gaan, maar a.g.v. die staatsamptenare se werksetiek kry ons slegte diens. Tydends Covid is die meeste van die bevolking swaar geraak met afleggings en verminderde salarisse en geen bonusse. Maar al die staatsamptenare het elke maand vol salarisse ontvang en ook bonus. - Louisa Hough
Staak in die geval is werklik nie die oplossing nie. Die kinders word tenagekom. Daar moet ander maniere wees om die geskil op te los. - Henry Bisschoff
Al wat ek kan sê, is dit is erg dat hulle so lanklaas ‘n verhoging gekry het. Maar besef hulle die regering het nie geld nie? Dit is ook ‘n feit soos ‘n koei. - Helene Lientjie Brink
Goeie geleentheid om die staatsdiens te verklein. - Jansie Louwrens
Wonder wat sal gebeur as die privaat sektor staak. - Charmaine Swart
Nie "wil staak" nie, ons sal staak. - Ovihekuta Vyarukombo
As die regering nie wil hê leerders en diensverskaffing moet daaronder ly, moet hulle 'n verhoging toestaan. Onderwysers kan nie staak in vakansies nie. Dit maak nie sin nie. So government is die een wat die blaam moet vat. - Hein Husselmann

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie