No Image Caption

Facebook 2 September 2022

“Swapo-busdiens maak Nabta boos”:

Stem tog maar weer vir Swapo, die party word ryk en hulle lede al hoe armer! – Antonette van der Westhuizen

Hulle sal baie gou besef hulle opereer teen ’n verlies. Tensy hulle iewers brandstof goedkoper kry, sal hulle nie hul voertuie kan onderhou nie of ’n wins maak nie. Dié is ’n polities gedrewe besluit, kort en klaar! – Toby Ockhuizen

“WHS nekslag toegedien”:

Die Namibiese skoleunie bepaal jy mag nie in een seisoen in 2 ligas speel nie. So jy mag nie skole- en klubliga speel nie. Dan mag jy veral nie af speel (laer ouderdom) nie. Met ander woorde, hy mag dan nie skoleliga speel nie. Ons het ’n briljante o.17-dogter wat glad nie aan die proewe vir o.17 mag deelgeneem het nie, want sy is deel van die o.20-span. - Riekie en Klaas Klazinga

Ek sê solank daai speler nog nie kinders in dieselfde skool het nie is dit mos toelaatbaar. Solank pa en seun nie saam speel nie. – Barry Van Der Linde

Skolespelers mag slegs klubrugby speel sodra die skoleseisoen verby is. Dit moet enige afrigter weet. – Gustav Lewin

“Konsultasies ’n rookskerm vir omkoopgeld, sê staat”:

Die hof moet die banke ook aankla. Dis nonsens dat die man op straat elke sent wat in sy rekening kom moet verduidelik maar hierdie mense kon met soveel geld aangaan asof hulle die land besit. – Jannie N Natasia Resandt

Die gewone taxpayer word gemelk vir elke sent wat hy kry, en die skelms daarbo steel miljoene. Waar is die papertrail? Hoekom het die tax-mense niks agtergekom nie? Dit wys tog op die mense se bankstate?! Sodra groot bedrae in ’n rekening inbetaal word, gaan die rooi liggies aan? Miskien moet die inkomstebelastingmense ook bietjie ondersoek word. – Trudie Sirakis

At, hulle het darem ryk geword oornag. Terwyl daar gesinne was wat gekrepeer het in armoede. Soveel onreg word aan andere gedoen. 80 miljoen terwyl vissermane werkloos was. – Eileen Ockhuizen

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!