facebook aanlyn
facebook aanlyn

Facebook 20 Junie 2023

Mandy Rittmann
“Onderbrekings veroorsaak ‘onmeetbare skade’:”

Die probleem is nie by NamPower nie, dit is by verbruikers wat nie betaal nie. Moenie die opskrif maak asof NamPower die probleem veroorsaak het nie. Hoekom mag sekere mense en organisasies duisende/miljoene skuld en ander se dienste word baie vinnig afgesny? – Derick en Sanet Vermeulen

Daar is plekke/dorpe waar 90% van die mense koopkrag het. . . so dis by die town councils waar die probleem lê, betaal hulle ooit die geld oor? – Tony Daniel

Dis deel van die hele probleem. Nou kry NamPower die skuld. – Derick en Sanet Vermeulen

Moenie dit laat klink asof dit NamPower is wat skade aanrig nie. Die skade word gedoen deur onbevoegde en skelm politici wat die munisipaliteite bestuur. Die meeste verbruikers het hul rekeninge betaal, maar NamPower is nooit betaal nie, maar hele dorp word afgeskakel weens onbetaalde rekening. – Johan-Andre Fourie

As elkeen sy krag betaal, en dit word vir die regte doel gebruik, was daar geen skade nie. – Sussie Maritz

As NamPower nie betaal word nie, gaan ons binnekort sit waar Suid-Afrika sit. Jammer vir dié wat hulle krag betaal, maar ek is saam met NamPower. Kry dit nou onder beheer voor dit te laat is. – Gerhard Hough

Arme NamPower. . . hoe moet hulle oorleef en diens verskaf sonder betaling? Kry die huis in orde en doen dinge reg, dan gaan alles werk soos dit moet. – Belinda Blaauw Wessels

“Zoë straal op internasionale verhoog:”

Zoë dra haar land met grasie op aan die internasionale gemeenskap. – Ingrid Bamm

Pragtig mooiste. . . Ons is trotse Namibiërs. – Nicoleen Louw

Geluk en sterkte. Hou jou kop hoog. – Deon Louw

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer