No Image Caption

Facebook 21 Augustus 2023

Sanet Pearson
Voorblad 18 Augustus 2023:

Dis ’n moet as ek in Swakopmund kom om by Fork ’n Nice te stop. Wat het geword van die storie dat hulle daar van die perseël moet weggaan? – Gert Lambert

Hulle is tops ek kan nie wag om by hulle uit te kom as ons in Swakop is nie. – Dirk Classen

Fork ’n Nice julle is tops. – Betsie van Wyk

Og, julle is awesome, well done. – Welma Horn

Maak mens trots! – Annalize Liebenberg

Dit is fantastisch dat ’n eenman saaksoos Fork ’n Nice ook op die voorblad kom! (saam met al die groot honde) Julle verdien dit!! My favourite eetplek in Swakopmund!! Ek love julle! – Johan Muis von Wielligh

Nou versamel Tilahun liewer parkeringsfooie in Windhoek. – Frank Bockmuhl

“Vakbonde skop vas teen beplande Psemas-hervorming”:

Ek kan nie verstaan hoekom verhoog Psemas nie sy maandelikse premies nie. Al verdubbel hulle die tarief – N$ 500 – is dit nog spotgoedkoop in vergelyking met ander private mediese fondse. Sodoende kan die staat meer bespaar op sy begrotingstoewysing vir die volgende boekjaar. As senior burgers het ons vir jare tot die fonds bygedra en die nut van die staatsmediesefonds is deel van ons aftredingsvoordele. Omdat sekere mense die fonds misbruik het, moet ons almal nou daaronder ly. Ek stel voòr dat hierdie individue die geld terugbetaal of daaroor verantwoording doen. So hoor ons net dat die fonds geplunder word, maar hoor nòoit dat enigeen aan die pen ry nie. As die fonds eerlik en reg bestuur word, sal daar ook minder ongerymdhede wees. – Stella Hollander

“My pappa kan, kan joune?”:

Dankie Anna- Marie en jou span vir julle poging. Ek weet sommer dit sal ’n wegholsukses wees. Ons jong kinders word nou sommer van kleinsaf geskool om die beste pappas te wees. – Sonia de Klerk

Kosbaar. – Charles White

Dit gaan ’n reusesukses wees. – Frederick Botha

Ai, en kinders sonder pappas. Sit jouself in daai arme kind se skoene. Wonder of hulle hieroor besin het. En dis waar boelie en spot onder kinders begin. . . – Carla Botha

“G’n borg vir polisielede wat glo onwettig jag”:

Doen ondersoek in die Etosha-panne ook, asb? – Jossie en Camilla Maritz

Dit reflekteer die toedrag van sake onder die huidige regering! ’n Kultuur van minagting vir wet en orde, die gebrek aan implementering van die Grondwet, desperaatheid, mismoedigheid, hongersnood en ellende! Hulle sal weer vir Swapo stem. – Izak Smit

Polisiebeamptes? Wat ’n skande! Keuring vir die polisie moet baie strenger wees. – Elmia van der Merwe

Ja, so smaak hulle, né? Jag seker met diensvuurwapens ook. Ek stem – in Etosha is ’n goeie ondersoek nodig. Lyk of daar baie ongerymdhede plaasvind. – Andre Pieter

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-12-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 30° Ruacana: 21° | 29° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 18° | 26° Omaruru: 22° | 33° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 22° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 22° | 36° Aranos: 21° | 35° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 24° | 37° Oranjemund: 17° | 24° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 29° Mbabane: 15° | 32° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 34° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 20° | 22° Durban: 20° | 30° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!