No Image Caption

Facebook 22 Februarie 2022

Naute se sluise vir soveelste keer oop:

Julle moet plant asseblief. – Mara Van Wyk

As daar net iemand met ‘n visie vorendag kan kom, sal daai dam wondere verrig in die dorre suide. – Reginald Brandt

Wéér geen watertoevoer na Windhoek:

Innige simpatie en meegevoel hier uit die ooste van Pretoria. Ons was onlangs vir 6 dae sonder water. En vandag weer, want Randwater moes iewers herstelwerk doen. Dit was 'n groot geheim totdat krane in die ooste van Pretoria begin opdroog het! – Aletta Page

Vermeende dwelmbaas loop sy rieme styf:

Taxi-eienaars en drywers se polisieklarings, lisensies en registrasie moet gekanselleer word indien hul hulp verleen om misdaad te pleeg! – Izak Smit

Well done, vat die skelms vas. Moenie dat ons kosbare land ook daardeur ondergaan nie. – Maria Jacoba Bronkhorst

Baie hartseer om te weet dat ‘n taxi betrokke is/was in hierdie geval. Dit is baie belangrik vir passengers om die taxi-nommer te memorise wat op voertuig is, sodat dit onmiddellik kan report word. – Urban Basson

Waterval naby Tses:

O, die natuur is absoluut pragtig! – Santie Sandra Beukes

Hierdie waterval is ‘n paar km suid van Ganigobes in die Visrivier geleë. Die val is elke jaar sigbaar. Ons het in die 60'er- en sewentigerjare daar gaan piekniek hou as koshuiskinders van Tses, St. Theresa Hoërskool. – Timotheus Tsaitsaib

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer