facebook aanlyn
facebook aanlyn

Facebook 25 Julie 2023

Mandy Rittmann
”Ek glo in harde werk, God en gebed:”

Baie dankie dat jy vir jouself hard werk en jou eie lewe makliker maak, daar is so baie wat net bedel en self niks wil doen nie. Praat asseblief met daai mense om hulle moue op te rol en self vir hulle te sorg soos jy maak. – Maria Jacoba Bronkhorst

Dis baie waar. Trots op jou, doen so voort. – Juliana Lusse

Jy is ’n vrou duisend, en so na aan my hart. Sterkte vorentoe. – Mara Van Wyk

“Outjo is keelvol:”

Altyd vinnig om verskonings te hê vir incompetence, swak dienslewering en nie-uitvoering van pligte waarvoor hulle salarisse kry! Hoekom het die munisipaliteite pre-independence so goed gefunksioneer? Want dit was nie polities gedrewe nie, en die beste man het die werk gekry en gedoen, nie net stoel warm gesit en salaris getrek nie. – Lien le Grange

Jaag hulle weg, sonder pay. – Jannie Von Wielligh

“Botma-moordverhoor kom tot ’n einde:”

So ’n lang uitstel is onaanvaarbaar. Wat sal die rede wees? – Jan de Smit

Uiters belaglik! Vonnis 50 jaar tog en kry klaar? Speel seker vir tyd om te sien of hulle nie ontsnap nie? – Amanda Fest Visser

Wat gebeur as die regter sterf? Dan moet daar ’n nuwe verhoor begin word. Wat gebeur as die verdediging se advokaat sterf? Wie gaan dan betoog? Wat gebeur as die staat se advokaat sterf? Wie gaan dan betoog? In my dae wat uitstel van langer as drie weke uit die bose en moes jy aan hoofkantoor rapporteer die redes daarvoor. So ’n saak moet sonder enige versuim afgehandel word. – Jan de Smit

Ons moet die howe sover kry om sulke sake meer spoedig af te handel. Verdomp as die beskuldigdes onskuldig is, verloor hulle hulle werk en ’n groot deel van hulle lewe, en as hulle skuldig is soos ek die drie sien, kan daar baie gebeur wat veroorsaak dat hulle vry kan loskom. En in beide geval kos dit die belastingbetaler baie geld. – Gottlieb Benade

Hoekom moet dit so lank uitgestel word. Straf die mense klaar, julle het mos nou alles gehoor. – Elizabeth Frederick

“VK-asielaansoeke styg met 337%:”

Al wat ’n verskoning. Maar soos die res van Afrika net om sonder die nodige werkspermitte Europa toe te gaan. Hardloop weg is nie die antwoord nie. Go home and make a difference. And respect God and country. – HI Cruise

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!