Facebook 27 Junie 2023

Mandy Rittmann
“Armand neem tree van geloof:”

Sterkte! Waar daar ’n wil is, is daar ’n weg! Ken vir God in jou lewe, en jou doen en late en Hy sál jou seën. – Lien le Grange

Mooi motiverende storie. Ons is almal bang om daai eerste treetjie te vat. Maar ’n reis van ’n duisend myl begin met die eerste trëe. – Adolf Lori Pamo Shikongo

Armand, bly om te hoor dit gaan goed met jou. Ja, ons het omtrent dieselfde tyd die handyman-besigheid in Swakopmund begin, maar ek is nou al ’n paar jaar weg uit Swakopmund uit en hier in die noorde van ons land en kan self nie kla nie. Ek wens jou nog beterskap toe. – Shaun Joseph

“Meatco ly verlies van N$118 miljoen:”

Mooi so. Julle doen uitstekend. Sit maar ’n verhoging ook by. – Heino Dentlinger

Die dag toe die nuwe beheer, bestuur oorgevat het, het ek mos gesê dit is wat gaan gebeur en so ook duisende ander het dit voorspel, maar ons weet mos hoekom. – Gerrie Nel

Nou toe, vir 30 jaar lank is dit bewys dat hierdie ouens wat die land, geld en ekonomie regeer ’n minus is op die boeke en papier, al kom hulle vrouens van Europa en hulle geleerdheid van oorsee, bly die melk- en heuningkanne leeg. – Rasta Rebbels

As dit nie winsgewend is nie, maak toe laat mense oorneem wat dit winsgewend kan bestuur. Julle behoort te weet hoeveel miljoene Air Namibia belastingbetalers gekos het, voor hulle wakker geskrik het. – Braso Aukhumeb

En watse ondersteuning kry die boer wat daardie produk van die grond af moet grootmaak om die produk te kan lewer, dat Meatco slegs met staatshulp kan voortbestaan. Boer gaan deur werkersalarisse, diefstalle, ongediertes, siektes, droogtes vir ten minste drie tot vier jaar. – Deon Louw

Dis mos ’n duidelike bewys, dat die besigheid nie reg bestuur word nie. Daar is seker vingers in die kontantlaai. – Frikkie Booysen

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!