facebook aanlyn
facebook aanlyn

Facebook 31 Maart 2023

Mandy Rittmann
“Swakop-inwoner neem eie lewe:”

Selfmoord is ’n baie groot probleem in Namibië. Mense kry swaar veral baie honger. Mag sy siel in vrede rus en sy familie ook berusting kry. So jammer dat dit daagliks gebeur. – Mara van Wyk

Hartseer, maar. . . dalk die maklikste uitweg as die probleme en jou worries te veel word. Het self al sulke gedagtes gekry. Nou sê almal so ’n mens moet praat oor sy probleem, maar dis nie altyd so maklik nie. Veral nie as jy nie meer familie het wat vir jou omgee nie. – Geriana van Schalkwyk

Ek was altyd onder die wanindruk dat wit mense makliker selfdood pleeg as ander, maar nou raak dit so bitter erg onder die swart mense, hierdie mense kry nou swaarder as ooit, dis so hartseer. – Riette Smith

“’n Uitkoms vir Meatco?:”

Meatco se regstellende politieke direksie is verantwoordelik vir die gemors. Raak ontslae van hulle en die besparing sal so groot wees, dat Meatco kan regkom. Sny die idee van ’n nuwe middelman uit wat net ’n las vir die boere gaan wees. – Gideon Kotze

Het mos reeds begin met uitstekende pryse vir die boer, goeie goeie roep. – Amanda Fest Visser

“Derdeparty” klink soos ’n middelman wat ook ’n Mercedes moet kan ry. – Coetzee Van Zyl

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!