facebook aanlyn
facebook aanlyn

Facebook 31 Mei 2023

Mandy Rittmann
“Stropers teiken Zambezi:”

Begin by Chinese winkels en konfiskeer alle nette. – Susan van Wyk

Hier teen die Oranjerivier gaan dit net so erg. Het dit al rapporteer. Vir my is toe gevra hoekom gee ek nie my visstok vir hulle nie, hoe moet hulle dan nou visvang, dit sonder die nodige permitte ook. – Jacobus Daniel Steyn

Hulle is nie stropers nie, gee die mense viskwotas en -regte. – Jakob Uirab

Ek weet niks van visvang nie, maar my logiese verstand sê vir my visvang is nie verbode nie, maar die nette is. Hulle vang duisende op ’n slag en die visse kan ook nie deur nette nie en kan nie ontsnap nie en ten einde vrek die vis. – Susan Botes

Ek hoop hulle wil hier op Aussenkehr in die Oranjerivier ook kom kyk, hy is vol nette gespan en niemand doen iets nie, en as jy met die visstok vang, dan wil hulle jou permit sien wat jy op Noordoewer moet uithaal anders het jy moeilikheid. – Niekie Senior Rousseau

Nog niks gedoen nie? Vaderland wat gaan aan, geen optrede? Nou ja, een van die dae is die damme leeg met geen vis, wat dan? – Johan Vorster

Ja hulle roei alles uit. – Gerhard Kotze

#PasIn: Toenemende risiko van hongersnood:

Maar ons parlementariërs worry oor gay huwelike. Skewe prioriteite. – Hildie Viljoen-Du Toit

Viva Swapo, after 33 we are going down the drain. – Jooste Laurenzel R

#PasIn: Koue klaar dalk binnekort weer op:

Sal so bly wees vir ’n lekker warm weertjie, ek en die koue is nie maats nie. Maar dit moet seker wees. Grade vanoggend 1 by my foon gewys, wat was dit by julle. – Baba van der Merwe

Hoe kan die koue weer herstel, as winter wat veronderstel is om koud te wees, eers Juniemaand begin, maak dit sin? – Aoife McKinney

Koue het nog nie eens begin nie, hoe kan dit opklaar alweer? – Anzette Venter

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!