Facebook 6 Julie 2023
“Egpaar oorval by kampterrein:”
Waar was die sekuriteit en dis mos Noorde se manne wat met pangas en messe roof, nou word die toeriste ook afgeskrik. So word die burgers gemoor oor selfone, polisie is hopeloos, boewe kry borg op borg, hofsake sloer jare, die jeug krepeer in werkloosheid en dwelms vloei openlik rond, roof en diefstal is ons kopseer. Die land is in ’n uitbuiting, afgrond, ’n gewelddadige, gebedsaak. Bly biddend. – Raycharles Frodeman
En so sink ons beautiful Namibië in wetteloosheid, anargie, barbaarsheid en mors ons baie mooi land op. Kyk hoe gaan dit in Suid-Afrika, dis ons voorland as die owerhede nie gou begin reageer nie. Hoeveel voorbeelde van die afbreking van ’n land het jy nodig voor jy besef wat aangaan. Skrik wakker, anders gaan Afrika wees soos voor die setlaars gekom het, niks. – Pierre van der Westhuizen
Sjoe, daar is nie ’n woord vir so iemand nie. Nie eens diere is so wreed nie. – Rose Poolman
Ons is ’n groep van Oranjemund wat gereeld daar gaan kamp, nog nooit probleme gehad nie. – Adriaan van Rooyen
“Karplakkers irriteer Seibeb:”
Dieselfde plakkertjies wat skelms een keer sal laat kyk, en weet dié is toeriste, kom ons roof. – Benina Shoshkile Duur-gat
Ek is verlede jaar met ’n werkskar by Ariamsvlei deur die grenspos en terug, sonder ’n SA-plakker. Eers terug in SA besef ek my fout. Niemand het eers daarna gevra op Ariamsvlei nie. – Pieter Keulder
Enige ou, mits hy wakker is, kan sien op die nommerplaat van watter land is hy afkomstig. As jy twyfel kyk op die lisensieskyfie om seker te maak. – Sussie Maritz
Hulle besef nie die land se verlies as hulle toeriste teiken en die mense nie meer wil gaan nie. Kyk wat was Botswana se verlies tydens Covid. Hulle koppe raas. – Ernest Coombs
Dit is na my mening onnodig. Die kar het mos ’n registrasienommer. My vrek, lees ek van Namibië, of weet niemand waar Namibië is nie. – Henelene Louw
Mens behandel nie gaste so nie. Elke keer as ek in Namibië kom, moet ek so ’n plakker plak. En ek is ’n gebore Suidwester wat vir die helfte van my lewe in Namibië gewoon het. – Johan Brand
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie