No Image Caption

Facebook 6 Oktober 2022

“Onwettige stropers roei visbron uit”:Ons was so tyd terug daar. Die stropers het met sakke vol vis padlangs geloop. Hul het vir hul voertuig gewag. Nou vra ek, hek wat gesluit is, watse voertuig? Ons daar gehoor is GRN-voertuie. Begin by daardie bestuur daar. Ons het niks wild daar gesien nie, is daar ooit nog iets oor? – Riaan Alberts

Hulle moet ook bietjie die Kavangorivier doen, want hierdie mense roei alles uit en ons rapporteer en daar word net mooi niks aan gedoen nie. – Patrick Haccou

En wat gaan nou gebeur....NIKS absoluut NIKS. – Schalk Marais

“Polisie het bewysstukke geplant, sê Amerikaners”:Nee wat, 11 jaar is bietjies te veel. Teen die tyd moes hulle al gestraf wees. Maak nie saak of hulle skuldig of onskuldig is nie. Verbeel jou jy is in die situasie. – Camoso Roquez Alerto

Daai manne het al die helfte van ’n life sentence uitgedien, hulle kan nou al parool kry. – Rene Plaatjies

Hoekom moet die manne so lank wag, hene! – Roleen Opperman

“Ondersoek kundigheid by Meatco”:Askuus. Julle wil hê dieselfde regering wat die bestuur aangestel het moet nou hul kundigheid evalueer? Jul neem aan dieselfde regering het die kundigheid om so evaluasie te doen? Die eindverslag sal niks meer as ’n ­politiese dokument wees, met niks van waarde om die instansie te red. Die probleem het begin by swak ­bestuur, en rassisme, wat tot af­dankings van kundiges gelei het. En dis waar Meatco ook sal doodloop. Geen keer. – Eben de Klerk

Nou hoekom internasionale kundiges kry? Die kundigheid is plaaslik be­skikbaar, gebruik dit net. – Jonathan Basson

Dit is nie nodig om enige kundiges in te bring om te bepaal of die huidige direksie en bestuur van Meatco opgewasse is nie: die “telbord” (finansiële state) van Meatco wys dat die huidige “span” (direksie en bestuur) nie opgewasse is vir die “spel” (vleisverwerkingsbesigheid) nie – PUNT. – Philip Stoffberh

As hulle kundig was sou dit in hul balansstate weerspieël het. – Hennie van Niekerk

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer