Facebook 8 April 2024
“Hof verkort moordenaar se tronkstraf:”
En oor vyf jaar stap die man uit die tronk, want hulle gedra hulle mos vreeslik goed daar binne die tronk en dan kry hulle parool net om hul grudade voort te sit. Ek het regtig gedink Namibië se regstelsel is beter as SA s’n, maar duidelik het ek nie gedink nie. – Sheila Goose
Die vraag is of hy geregtig is op enige simpatie as hy die wet oortree op so ’n grusame manier. Almal het deesdae regte, maar hulle vergeet dit kom met verantwoordelikhede om volgens die wet te lewe. – Elmia van der Merwe
Dis hoekom daar so baie moorde gepleeg kan word. – Hannetjie Engels
By Namibiese gereg is jy lucky, maar jou straf wag vir jou op oordeelsdag. – Anna Mouton
“Ingevolge ’n hooggeregshofuitspraak in 2018 skend swaar vonnisse oortreders se grondwetlike reg tot menswaardigheid.” Wat van die mense wat vermoor is se reg om te lewe? Hul reg is van hul ontneem, nou word daar aan die moordenaars se regte gedink? Belaglik! – Jolien Fourie
Yoh-yoh, dit gaan woes in die wêreld, rêrig. Sommer net so na 50 toe. – Wilma Beukes
My families wat hulle doodgemaak het, maar ja. Ons het julle lankal vergewe. – Malobe Malobe
”Vir die kinders se onthalwe:”
’n Baie insiggewende, eerlike en openhartige artikel. Soms kom dit voor asof daar nie ’n ander uitweg is om maar ’n sukkelende huwelik aan die gang te hou nie, maar soos die skrywer sê, dit moet net nie “vir die kinders” wees nie. Maar dit bly ’n baie moeilike besluit om te skei en geen twee gevalle is eenders nie. – Leonie Opperman
Kinders word heelwat getraumatiseer deur die dinge, maar sowaar as die Vader in die Hemel, ek sal nie weer sulke goed deurgaan vir die kinders se onthalwe nie. Ek moet dan “sane” bly om vir hulle groot te maak. Hoe doen ek dit when I’m emotionally unstable? Nee, vrouens moet leer om uit pynlike dinge te stap, dis hard en als, maar ’n paar jaar later sal jy besef dit was die beste keuse. – Buyaloft Real Estate cc
Die regstelsel het intussen baie verander. Selfs sonder ’n prokureur behoort dinge vir haar en kinders uit te werk. Sy kort net die regte leiding en raad. Niemand wil so ’n rigting volg nie, juis as gevolg van die kinders, maar dit is die beste besluit. – Lian Willems
Laat ek julle vertel! Vrouens bly in ongelukkig huwelike omdat hulle nie die nodig finansiële middele het om uit te trek nie! Dan is daar die bangwees, ek gaan nie “cope” nie en wat word dan van my? In ander land is daar hulp vir vrouens. Hoekom nie hier by ons nie? Mans weet dit, daarom word vrouens soos vuilgoed behandel en ons moet dit maar net aanvaar! – Rose Botes
Baie vrouens bly ter wille van die kinders en sodoende word daardie kindertjies se lewens verwoes. – Marilia Sameiro Coelho

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie