facebook aanlyn
facebook aanlyn

Facebook 9 Februarie 2023

Mandy Rittmann
“Craton het weer koper-koors”:

Laat die land ontwikkel. Ons kan nie dat die hoender hen met niks eiers onder haar nie. – Deon Louw

Ek hoop dit kom deur, daar is so baie wat sonder werk sit. Al is dit van die uitlanders, ons het die geld nodig. – Niekie Senior Rousseau

Namibia is ’n voorbeeld vir Afrika! In SA word alles verwoes, terwyl Namibië blom in vooruitgang! – Tommie Thompson

“Geingob: Hoekom wag skole vir staatshulp?”

Die staat moet tog ’n “staatskool” onderhou. – Schalk van der Merwe

In Okahandja wag graad 1-kleintjies om plek te kry en ons is al in die tweede maand van die jaar. Hulle skoolfonds is vol betaal vir die jaar, maar hulle het nog nie plek nie. – Sylvia Smidt

Sjoe mnr. President, weet jy nie eers wat gaan meer in ons land aan nie. Dis die prys wat ons moet betaal vir elke “Rot”. – Horst Wurst Henning

My opinie sal my in die tronk laat beland, so ek sal dit eerder net vir myself hou. – Gustav Lewin

Die staatskole behoort aan die staat, dis die staat se plig om skole te onderhou. Onderwysers is nie daar om strukture te bou nie. Wat is die plig van ministry of works? – Gottfried Rheis

Ek wonder of die man al by ’n skool was wat onder ’n boom is? Hy het duidelik geen idee van die uitdagings nie. Dis mos sy plig as president om toe te sien dat onderwysers nie nodig het om skool-skool onder bome te speel nie. Wat sê dit van hom as die land se leier? – Benitha Badenhorst

Hoekom wag die parlementslede vir die STAAT om vir hulle iPhones te koop? Wat is vir u belangriker mnr. die President? Met die fone se geld kan sinke en spykers gekoop word. . . ’n skamele begin of hoe? – Ethel Louw

Was ek tog maar ’n volstruis, dan het ek my kop versteek in ’n hoop bollie vir dié landsbase se denk vermoë. Wat ’n gemene lae hou slaan hy nie. – Rhyno Gilbert

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-12-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 30° Ruacana: 21° | 29° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 18° | 26° Omaruru: 22° | 33° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 22° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 22° | 36° Aranos: 21° | 35° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 24° | 37° Oranjemund: 17° | 24° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 29° Mbabane: 15° | 32° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 34° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 20° | 22° Durban: 20° | 30° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!