Facebook
Facebook

Facebook vir 11 Julie 2024

Mandy Rittmann
“N$100 miljoen om N$130 miljoen terug te kry:”

En niemand gaan weer eens tronk toe nie! – Van Zyl Poenie

Die hele Nambabwe is ’n bedrogspul. – Elisia Ellis

So kry ons mense honger. – Elaine Blom

Hoekom kan hulle nie uitgelewer word nie? – Anna Ulrich

Jislaaik, ons government slaag met vlieënde vaandels in “geldmors"-eksamen. En kry nog ’n PhD in staatsbedrog! – Charlotte Beukes-Muundjua

Ja-né. . . dit is hoekom hulle my besigheidslening destyds afgekeur het, want hulle was besig. – Suzan Makinyan

Duur les. Ons se eie mense wat ook geleerd is kry nie werk nie, maar Zim moet hier kom heerlik lewe van ons land se geld, oral net korrupsie. Nee wat! – Rachel van Wyk

As die gewone man op straat (wat huisloos en broodloos en leningloos en werkloos is) ook maar net ’n ou klein deeltjie van hierdie regeerders se groot “geld mors” en “geldspeletjie” kon wen. Dan is daar kamstig geen geld vir B.I.G om ook lewe in die behoeftige te blaas nie. – Bartholomeus Pieters

Ek stem. Daai bank is tot stand gebring om geld na sekere individue te “kanaliseer” onder valse voorwendsels. Slim korrupsie. – Riekes Koopman

Is daar dalk ’n burgerlike beskermingsvereniging/ombudsmen of legal-aid committee, wat die ministers en ampsdraers, wat reeds geïmpliseer was, siviel kan uitdaag en aanspreeklik kan hou vir die korrupte bedrogspul? – James Bonding

Net mooi ’n volgende Avid-skandaal. Wonder hoeveel gaan daar nog wees. – Johannes van der Colf

No difference between them and witch doctors. – Thomas Shilongo Shikwambi

“Plaaswerker erken glo hy kweek dagga:”

Maak dit legal dat mense medisyne kan vervaardig. – Rupping Theron

Swak polisie ondersoek. – Abraham van Niekerk

Ons sal moet almal planne maak om plase, huise en ordentlike lewe te kry! Want hoe ry mense karre wat 2 miljoen rand kos! Vertel my daai? Glo my dagga is die minste van julle probleme! – Natali van Rensburg

Vir medisyne ja, maar nou is dit nie vir daai doel gekweek nie. En die man onskuldig toesluit vir wat die klaer gedoen het. Dertien dae in ’n tronk is 13 dae. Die polisie weet ook nie watse nonsens moet die werkgewer deurmaak met werkers nie. Jy wil hulle help, maar dan jaag hul net beter aan. Op die einde van die dag as die verhouding versuur, dan moet jy nog in ’n tronk gaan sit onregverdig en dis nou niks. Op die einde van die dag moet jy ’n goeie/voorbeeldige werkgewer bly. – Loszen Swartz

Daar is baie erger misdade waaraan aandag gegee kan word, soos sake wat 8 tot 10 jaar vat om af te handel. Dagga is regtig die minste van ons bekommernis. – Laurika L Hattingh

Ek kan nie verstaan nie, dis dan legal gemaak, maar nog steeds word dit as ’n drug beskou. Dit is die beste medisyne wat jy kan kry, hoekom sien hulle dit dan nog steeds as ’n bedreiging vir hulle. – Charmaine Rothman Petersen

Baie al gelees van dagga wat mense met kanker genees het. – Lorenzo Markgraaf

Maak dit net wettig want dit sal nooit stop nie. As dit wettig is dan kan polisie op beter dinge fokus. – Madelaine Maddie Laubscher

Dagga was gebruik as medisyne, maar toe word dit verkeerd begin gebruik, nou is dit ’n dwelm en kinders raak ook verslaaf, dis ’n verwoesting. – Alma Benade

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!