No Image Caption

Facebook vir 17 Januarie 2024

Sanet Pearson
“Berg Aukas se pompe stukkend”:

Berg Aukas was a lead and zink mine. What is the water quality like of that water? And can one request water sample test results for public potable water? – Marko van Dorssen

In my 66 jaar weet ek nie van enige snaakse geval met die water nie. Ek vermoed die myn lê in die waterlyn, want dit was altyd oorstroom en ook die geval met die sluiting van die myn. . . as ek reg is. – Billy Heydenrych

Dit begin soos SA, niks word in stand gehou nie. Dit wat stukkend is moet hulle self regmaak? – Monica Rose

Die oorspronklike beplanning was dat Kombat-myn Windhoek se water moet aanvul en daarom is die kanaal gebou.Verg dit soveel beplanning om voorsiening te maak om ’n bystand-pompeenheid beskikbaar te hê in tye van nood? – Gideon Kotzé

Daardie water word al baie jare tot in Omatako gepomp en dan na Von Bach. – Doep Lambert

Nou maak dit reg! – Danie du Toit

“Wiskunde bly ’n kopseer”:

Hier is my stuiwer in die armbeurs. Ná onafhanklikwording het ons in Namibië oorgegaan van suiwer wiskunde na toegepaste wiskunde. Dit was nie 'n verkeerde besluit nie, maar die onderwysers was almal opgelei in suiwer wiskunde. Daar is 'n subtiele verskil wat min tot nou toe gesnap het. In kort het ons wegbeweeg van 3 x 5 = 15, na hoe kan ek uitvind wat 3 x 5 is? – Marietjie Burger

By wiskunde is die onderwyser alles omdat dit ’n verstaanvak is en nie papegaaiwerk nie. As die liggie nie aangaan nie is dit maar ’n gesukkel. – Willie Riana Krugell

Make it a choice, not compulsory. We had to choose and you had to have a C-symbol in gr10 to qualify for gr11 math. – Almoesjka Claasen

Maak dit 'n keusevak. Probleem opgelos! – Roszelle van Rooi

. . . always the teacher's fault. I mean, the kids are all studying REALLY hard. – Dennis Hibbert

Stem! Ministerie van onderwys moes al lankal ingegryp het. – Anly Rousseau

Mense, ouers is vinnig om onderwysers die skuld te gee! Gaan staan bietjie vir 'n paar dae in die onderwysers se skoene, en werk met die “arme bloedjies” wat voor hulle sit. Nie alle kinders luister of gee aandag in die klas nie. Baie keer ontwrig kinders die klas wat veroorsaak dat dié wat wel wil luister en fokus ook benadeel word. Soms is die geriewe net doodeenvoudig nie voldoende nie. Nieteenstaande, ek stry glad nie dat daar dalk by sommige skole onbevoegde onderwysers is nie. Vraag is: hoekom doen die ministerie van onderwys niks daaraan nie? Maklik om klippe te gooi, moeilik om oplossings te bied. – Nolene Winborn

Swak uitslae kan toegeskryf word aan: oorvol klaskamers, gebrek aan moedertaalonderrig en onderwysers wat swak opleiding ontvang in de vak wat hulle moet onderrig. Met oorvol skole word onderwysers gedwing om vakke te onderrig waarvoor hulle glad nie opgelei is nie. En dan praat ons nie eens van die onderwysers se bevoegdheid om Engels te praat nie. Ek weet. . . ek is self ’n onderwyser. – Elmia van der Merwe

Ja sè ek ook. . . dit gaan nie oor die onderwysers nie. Nie alle kinders is Wiskunde aangelè nie. Eeder dalk praktiese dinge. – Nella Smith

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!