Facebook vir 17 Maart 2025

Mandy Rittmann
“Geen petrol by NWR-oorde:”



Soos altyd seker maar onbetaalde rekeninge en geldjies verduister. . . die “standard package deal” soos SME en al die ander. . . wanbestuur. – Sarel Carstens



Sal graag wil weet wat die werklike duistere redes is? Onbevoegdheid moet ’n rol speel? – Cobus Smith



Ek gee jou drie raaie. – Joos Steyn



Ongelooflik swak, sies vir Namibia Wildlife. – Gail Myburgh



“Stofstreke:”



Begin van oosweer. – Hermien Vermeulen

Nee dis paar reëndruppels vanaf daardie bank weer wat so stof opskop, wanneer dit die warm grond tref. – Joos Steyn



Sterkte vir julle wat daar bly. – Rita Lotz



“Reistoelae vir staatslui verhoog:”



Ja, van 2008 is dit ingestel en van daai datum is dit nie verhoog nie. Ons moes op ons salarisse gaan bly en eet, nou kan ons ook gemaklik ry van een dorp na die ander en ja, ons ambulansdrywers vervoer julle siek families en ons moet gaan oorslaap in Windhoek. So dink ’n bietjie daaroor. Moet ek in ’n kar gaan slaap? Julle kla te veel en oor als. As julle vir die regering gewerk het, sou julle nog gekla het, dink bietjie daaroor. En ja ons word dubbel belas. – Surgae Josephs



Maar hulle kan nie ons pensioen verhoog nie. – VanZyl Kiewiet Meyer



Daar word nie omgegee nie. Eers die amptenare, wat het hulle vir die land gedoen? Nog ’n plek om hul sakke te vul. – Piet Pelser



En so sorg hulle vir hulself, en die res van die volk moet maar aansukkel met stygende kospryse ensovoorts. – Norman D Bester



Lekker ou lekker ry hulle weer die hele land vol vir kursusse en vergaderings en “workshops”. Die land het nie geld nie, maar die soustrein moet ry. Belaglik! – Johan Beyers



Ja, want dis mos net hulle wat op die pad bly vir ek weet nie wat nie. En hulle is so slim, hulle sal altyd so voor Kersfees uitgaan om daai dik gelde te kry, sodat hulle kan lekker Kersfees hou en ons gewone mense vrek van ellende. Maar laat hulle aangaan daar is ’n lewendige God wat nie sluimer of slaap nie. – Anna Mouton



Namibiërs ons kan maar kla en kla. Dit sal nie help nie, die government maak net soos hulle wil. – Nolene van Rooi



Nou gaan die groen nommerplate sommer baie word op die paaie? – Cobus Smith



Ou Esau van die Fishrot-faam het erken dat die eintlike “milking cow” vir Namibiese ministers die einste S&T-geld is! Nou word dit verhoog! – Sydney Groenewaldt



So loop die soustrein. Klim net op. Ek het ’n buurman gehad wat Maandag met ’n staatsvoertuig by die huis aangekom het. Daar gestaan vir die hele week en dit Vrydag weer teruggevat. So steel hulle die geld. – Japie Coetzee



Die bestuur is in verkeerde hande. Hoe kan die land nie geld hê nie, maar die staatsamptenare kry meer reiskostes? Ek verstaan nie. – Marcell Heydenrych



Kyk nou gaan hulle darm uitry. – Dominicus Swartz



Dit is blatant steel van staats-“resources”, in vergelyking met die vorige DSA-tabel wat eers die 1ste April 2025 verval. . . 60%-styging. – Alex Gariseb-Kisting



Die soustrein is lekker! – M.A. Jacobs



Exodus 14:14, ek los dit maar daar, want ek het nie meer woorde nie. – Jacklynn Catherine Januarie



Maar die ouetehuise, hospitale en klinieke het nie medisyne nie. Lekkkkker. . . maar staatsamptenare bly “opi trip”. – Sylvia Markgraaf



* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2025-04-13

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer