facebook aanlyn
facebook aanlyn

Facebook vir 25 Januarie 2023

Mandy Rittmann
“Geingob in spervuur oor kondoomsage”:

Druk daai 650 miljoen in Katatura-hospitaal in, daai mense het dit nodig en ons land se mense verdien om beter mediese hulp te kry daar. Mense kan rêrig hulle eie ballone koop vir hulle plesier. Daai mense is nie daar vir plesier nie, rêrig julle kan tog beter doen. Hulle moet klaar na daai belaglike Swapo gebou kyk, terwyl muise oor hulle hol. – Lee Milli Byleveld

Kanselleer die 650 miljoen en gradeer asb. die staatshospitale en klinieke op vir beter mediese sorg anders kom hier nog ’n Fishrot-sage? – Cobus Smith

Kla die person wat tender goedgekeur het en persoon aan wie tender toegestaan is aan vir bedrog en kanselleer die tender. – Tim Theron

Nee wat, daai besluit is klaar geneem en die shares klaar gedeel nog voor dit hier gekom het. Geen keer aan daai meer nie. – Davey Ou Daf Farmer

Cde President Dr HG Geingob, what you want to do is very bad for you as our president. – Lucas Geiseb

Liewe hemel, duur kondome daai. O ja, sleutelwoord “tender. Dus prys gelaai met 300% om iemand ryk te maak. Afrikanisme op sy beste. – Sean O’Brien

“50 Hippo water rollers vir 50 huishoudings”:

Ai julle, gee maar ’n sterretjie voor die kop, hulle het ten minste iets probeer om dinge makliker te maak en nie net bakhand gestaan nie. – Pieta Hayes

Die gedagte is rein en ek is bly vir die mense, maar dit is soos om steeds te ploeg met ’n os en eg. Ai, ons is darem maar vêr agter. En die ironie, hulle is rêrig so dankbaar. – Rina Goldbeck

Stupidity. . . instead of construct water pipes and bring water close to people you are thinking way back. . . is this how you are preparing yourself for 2030 vision? – Misha Ntinda

Ek verstaan nie die opgewondenheid nie. Hoe lank sal daardie plastiekdrom hou, as dit daagliks oor klippe en ritse gerol moet word? Seker ’n N$138 se kondoom oortrek, dan gaan die langer hou. – Wesley Steenkamp

“Meer staatsbeheer oor vakante poste”:

Ai ai . Hierdie kamma geleerde mense sal nooit-nooit leer nie. Dit werk nie in buurlande nie. Plaas hulle minder geld verdien en ophou om agente orals aan te stel. En die wat in die staat werk net ’n slag hul werk doen! Kyk hoe lyk ons staatseiendom. Maar nee, in plaas van opknap word liewers nuwes gebou. Die geboue het seker almal ’n skoonmaker, maar as jy sien hoe lyk ons grensposte, polisiekantore ens, wonder mens waar gaan daai pay vir ’n skoonmaker heen. Die meeste amptenare is onbevoeg om hul werk te doen, nou wil hulle sê Wie en Wie nie ek moet aanstel? – Tina Becker

Hierdie kan net die ondergang van Namibië beteken. Hoekom nie eerder kontrakte/tenders gee vir Nam-mense om werksgeleenthede te skep nie? Die gaan nie die probleem oplos nie. – Sonja Brettschneider

Regeer liewer die land soos dit moet en hou op om klein jakkalsies te skep – Elize van den Berg

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 14° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 23° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 13° | 32° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 23° Ariamsvlei: 14° | 32° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 18° | 28° Mbabane: 18° | 35° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 22° | 38° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 19° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 32° Harare: 19° | 30° #REF! #REF!