Facebook
Facebook

Facebook vir 25 Julie 2024

Mandy Rittmann
“Besettingsyfer plaas fokus op visum-kommer:”

Ons waarsku al lankal. Swak infrastruktuur, substandaard fasiliteite in parke, swak diens en onbeskofte amptenare, swak omgewings- en wildbewaring, oorbenutting en plundering van ons wilde diere, misdaad, gierigheid, hoë tariewe en kostes dra alles hiertoe by. Daar is goeie waarde vir geld, alternatiewe in baie ander lande! Word wakker! Begin die herstel by die verwoestende praktyke van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme! Die wêreld skuld ons niks! Dis mededingend en besoekers doen hul navorsing deesdae en stem met hulle euros en dollars. – Izak Smit

Jy is 1 000% korrek. Ons eie Namibiërs kan nie eens in ons land gaan oornag nie. Hoë tariewe, almal is nie welgesteld nie. Jou opmerkings is in die kol Izak. – Billy Heydenrych

Ons toeriste is ook al aangeval en besteel, dis ’n groot probleem. – Mariaan Bronkhorst

En ons paaie wat ‘n groot gemors is. Hoofsaaklik vanaf Kuiseb tot Sossusvlei toe, en nie eens gepraat van Etosha nie. Wat ‘n skande! Geen skrapers nie, sit liewer in die skaduwee. Ons betaal klomp geld. NWR word wakker! – Moppi Tietz

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!