Facebook
Facebook

Facebook vir 28 Mei 2024

Mandy Rittmann
“Die ooswind is hier!:”

Deesdae se ooswind is kinderspeletjies. – Elmo Hancock Plato

Ek het van 1972 in Walvisbaai gebly. Ek ken daai sandstorms goed. As jy soggens wakker word, is jou vloere net sand. My ouers het die straat van die woestyn af gebly. – Rita Francis

“Belastingbetaler’ Sacky kla oor tralies:”

Sacky, Sacky, Sacky, hou tog op kerm en kla, genade man jy het mos geweet dit waarmee jy en jou makkers mee besig was, verkeerd ook was, en dat julle een of ander tyd daarmee moes deal. Nooit sal enigeen wat verkeerd gedoen het en nou gestraf moet word, ’n koninklike ontvangs kry nie. Jy word getreat volgens die misdaad wat jy gepleeg het, hou dit tog in gedagte, ander misdadigers moet vat wat hulle toekom, hoekom nie jy ook nie? So stop dit en vat jou slae soos ’n heer. – Delores Lola van Wyk

En wat van die ander mense. Die ministers soek baie voorregte in tronk wat ander mense jare in tronk nie het nie. Jy is nie meer ’n minister in die tronk nie, net ’n verhoorafwagtende. – Sophie Swartbooi

Sien ’n slag hoe gewone mense lewe. – Nelie Jerling Redman

ʼn Tip vir vorentoe agbare. . . raak gewoond daaraan. – James Trop

Is julle dan nie agter tralies nie, julle is mos. Waar was julle dan? – Wilhelmina Matthys

Nogal onsteld raak... jy kort blik apricot jam. – Ursula Pieters Verotchia

Dat hy agter die tralies bly. Dit was sy eie besluit om onwettig op te tree en in die tronk te beland. – Gideon Kotze

Sit tralies rondom hom laat hy in ’n hok sit. – Kobus Etsebeth

Ai Pietie, just live with it. . . you’re in jail! – Liz King

“Strenger visumvereistes ontlok kritiek:”

Nee dis reg, dalk sal daai lande besef hoe swaar dit ook vir ons mense is om daar te gaan kuier, byvoorbeeld die H2a- en H4-visums, veral in SA, kyk daai ou jou net so en besluit hy like jou nie – jy sal net hier bly en keur jou visum af, en jy kan niks doen nie. Dalk moet die ambassades van lande saamwerk en nie teen mekaar nie. – Sonja Lubbe de Jager

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!