Facebook
Facebook

Facebook vir 30 Mei 2024

Mandy Rittmann
“Gemengde gevoelens oor volksmoord-herdenking:”

En Sam Khubis-dag waar die Basters en Duitsers baklei het, waar is dit? Ons het ook vir Namibië se vryheid geveg teen Duitse magte. Ons groot mense is ook gedood en kinders het gesterf, maar is net Casinga nonsens wat gepraat word. – Richard Petersen

“Olie ʼn seën eerder as ʼn vloek, bevind studie:”

Ek is bevrees dit sal ’n “feeding frenzy” vir die “well connected” wees en die gepeupel gaan die onderspit delf. – Marius Visser

Hoekom sal dit ʼn vloek wees, die olie is nie iemand se olie nie, dit is die land se olie en dit behoort aan elke Namibiër. Dit kan ʼn vloek word as dit aan net sekeres behoort, of aan ander lande verkoop word en sekeres ontvang die kontant. Maar ons hou fyn dop. – Wilhelmina Matthys

Ons vertrou dat dit vir ons almal ’n seën gaan wees. Siende dat ons reeds deur ’n wurggreep gaan met die huidige lewenskoste. – Cathrine Smith

As jy kyk na die onenigheid in die lande wat olie het, raak ek maar bang. – Davey Ou Daf Farmer

Verduidelik net seën, vir wie is die nou. Vir die minder bevoorregte inwoners van Namibië wat altyd aan die kortse end trek. Mxm! – Renate Strauss

Repost asseblief hierdie berig oor agt jaar van nou af.

– Cicero Mara

Yip for the well connected and for their circle. The poor will still suffer no matter oil or any wealth we have. – Van Wyk Prokid Jacques

“Finale interdik teen Amushelelo:”

Hy gaan sorg vir meer werkloosheid in die land. Hy veroorsaak konflik tussen werkgewers en werknemers! – Gerhard du Plooy

Hoekom toy-toy jy nie voor die gesondheidsminister se kantore nie, gaan kyk hoe lyk die staatshospitaal of toy-toy vir die verkragting van kinders, vroue, ens?

– Lilian Blaauw

Presies, die regering moet vir sy landsburgers verduidelik hoekom lyk die staadshospitale in so toestand en dat daar skaars medikasie is. Dit het nie 35 jaar terug so gelyk nie. Die NEFF moet eerder daar optree waar dit so lyk en die instansies uitlos wat werk voorsien vir die landsburgers en werk voorsien wat die rooi barets nie eers kan doen nie. – Marcell Heydenrych

“Die liefde leef voort:”

Daar is ʼn goeie voorbeeld van opregte liefde. Geluk aan julle met die mylpaal en hou aan met die goeie voorbeeld wat julle vir ons almal stel. – Boas en Rut Boas

Dis voorwaar ʼn mylpaal, wens julle alle seën, geluk en voorspoed toe op jul lewenspad, dis nou wat jy noem “I do till death”. Dis nou eer jou Vader en jou moeder dat jou dae verleng mag word. Baie goeie voorbeeld. – Ansie van Wyk

Pragmooi om altyd te sien wanneer ʼn goue huweliksherdenking gevier word. – Euricka Panizza

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!