No Image Caption

Facebook vir 6 November 2024

Mandy Rittmann
“Die NRU het vertroue in van sy gewese Wêreldbekerspelers getoon:”



Whoww, dis fantasties, baie geluk jul klomp oudrugbyspelers, kyk na daardie indrukwekkende groep afrigters. Voorspoed en sterkte. Beste nuus van die jaar! – Rudolf Petrus Van Wyk



Jacques Burger, so baie trots op jou en al die ander World Cup-spelers. Nou gaan dit darem lekker rugby wees. – Valery Stevens



Beste ding wat ooit kon gebeur het, laat die "local" manne wat die kultuur verstaan die pad vorentoe vat. Sou wel ‘n ou soos Jood Opperman ook iewers wou sien onder die groep. – Ian T Nel



Dis baie goeie nuus. Die hele afrigtingspan was topspelers en sal altyd Namibië eerste stel. Dit was ‘n plan wat reeds in 2016 begin is, en dis hoogtyd dat ons beheer van afrigting oorneem. Ons is trots! Baie geluk Jacques en jou afrigtingspan, en ook die NRU-raad vir die wyse besluit. – Danie Strauss



“Polisie hande in hare oor voetgangers se veiligheid:”



Leer die skole nog pad veiligheid aan kinders? Saam met dit is waardes soos verantwoordelikheid, respek ens. Ook belangrik. – Derick en Sanet Vermeulen



Hulle loop in die middel van die pad en weier om pad te gee vir die voertuie. – Estella Pretorius



Ons leer kids padreëls van graad R af tot graad 12, hulle luister nie. Ons gaan op uitstappies en wys presies waar mag jy loop en hoe om ‘n pad oor te steek, dieselfde dag net na skool word ene raakgery. Dis asof hulle nie wil hoor nie. Selfs fietse, ons leer hul, ry teen die verkeer, maar nee as jy weer sien, in die middel van die pad. Voetgangers moet beboet word. Polisievoertuie moet ry en hul sirenes aansit, as hul sien iemand loop waar hy nie moet loop nie en hul so probeer educate. – Christine Simon



* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 39° Rundu: 24° | 36° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 24° | 32° Ruacana: 22° | 32° Tsumeb: 22° | 31° Otjiwarongo: 20° | 29° Omaruru: 22° | 35° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 22° | 31° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 24° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 23° | 36° Aranos: 23° | 37° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 22° | 37° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 23° | 31° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 17° | 31° Maseru: 14° | 29° Antananarivo: 15° | 32° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 22° | 34° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 18° | 25° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 22° | 34° Harare: 20° | 33° #REF! #REF!