No Image Caption

Facebook vir 7 Augustus 2024

Mandy Rittmann
“Die kuns van suig:”



Ry jou Jan Japan-karretjie met trots. Jou tyd sal op die regte tyd kom!' Wyse woorde. – Ln Ln



Lekker lees, dankie die waarheid se waarheid. Ek ry maar my Jan Japan. – Reynette Besser



’n Baie groot waarheid! Dit is nie wat jy het nie, maar Wie jy in jou lewe het! – Marietjie Strauss



Die wat het moet spend (spandeer), en lewe jou lewe. Die wat nie het nie, moet maar met oupa Hans se woorde gaan vertroosting soek, want dit is net ’n trooswoord, dit hou geen waarheid in nie! – Frank Klaasen



“Hervestigingsplase lê vir jare braak:”



Jip, I personally know of farms the government bought, but said farms are still on the original owners names at the ministry of lands. Iemand het nie ’n job klaar gemaak nie. Eish. – Didi Steyn



Daai plaas is van die begin af verdoem. Begunstiges doen net mooi niks nie, want hulle het nie geld nie. Plase is altyd oorbewei. Ry net bietjie ons paaie. Jy sien onmiddellik wat is privaat en wat is GRN-plase. – Tina Becker



Ek boer langs so ’n plaas, al amper 10 jaar. Net 20 skaap, 10 hoenders, twee kalkoene, paar ganse en ’n hond op 2 000 hektaar. – Alwyn Ströh



Sjoe, ek sê niks meer nie. – Carina Human



Broeiplekke vir alles wat kwaad doen, dit sluit twee- en vierbeen-jakkalse in. – Rickus Vermeulen



Was goeie plase met groot woonhuise, alles nou plat gevee. – Lena Mudge



Gee vir ons boere wat sukkel met droogte en van 2006 af aansoek doen en nie regkom nie. – Richard Petersen



Daai plase steel jou bankrot as jy langs een lê. – Richie Du Marc



* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2025-01-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 28° Rundu: 19° | 27° Eenhana: 21° | 27° Oshakati: 24° | 28° Ruacana: 19° | 32° Tsumeb: 19° | 28° Otjiwarongo: 19° | 28° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 20° | 30° Gobabis: 21° | 31° Henties Bay: 17° | 19° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 17° | 20° Rehoboth: 21° | 31° Mariental: 21° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 19° | 34° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 26° Lubumbashi: 16° | 27° Mbabane: 19° | 22° Maseru: 16° | 25° Antananarivo: 14° | 29° Lilongwe: 19° | 30° Maputo: 23° | 30° Windhoek: 20° | 30° Cape Town: 17° | 23° Durban: 22° | 26° Johannesburg: 17° | 20° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 21° Harare: 18° | 25° #REF! #REF!