Gaan dit oor eie belang en propaganda
ANONIEM SKRYF:
Keetmanshoop het die afgelope 34 jaar reeds verskeie munisipalerade gehad. Almal daarvan het die geleentheid gehad om die dorp positief te ontwikkel, tot voordeel van die Suide.
Die huidige Raad veroorsaak egter weereens ongelukkigheid en ongemak onder die inwoners.
Daar is ʼn tender uit vir die aankoop van ʼn excavator vir die dorp, teen ʼn moontlike bedrag van N$5,000,000.00, dalk meer.
Die doel is blykbaar vir gebruik om erwe te ontwikkel. Geen melding egter hoe dié masjien geskuif sal word, wat gedoen sal moet word in die toekoms. Nog ʼn “lowbed" of hoe?
Daar lê reeds verskeie onbenutte leë erwe waarop reeds ʼn paar miljoen dollar spandeer is. Byvoorbeeld een area met riool, beligting, ens.
Omdat ʼn groot werkloosheid ook in die Suide bestaan, kan hande arbeid in die geval nie aangewend word nie?
Baie van die strate in areas soos Westdene en Noordhoek, het in 34 jaar van onafhanklikheid nog nooit weer opgradering gesien of onderhoud soos gruis daarop, beleef nie. Dit is verspoel en word al meer vernietig soos onlangs met die sterk bui reën wat hier was.
Die dorp beskik nie meer oor ʼn eie padskraper of waterlorrie nie. Beide kan dalk aangekoop word vir minder as ʼn excavator se geld?
Daar is berigte van ʼn besoek aan Mosselbaai waaruit ʼn ooreenkoms gevloei het.
Kenia is glo ook besoek vir ʼn leierskap kursus deur sekeres.
Toelaes per dag vir diegene wat dit onderneem het, beloop glo tussen 3800 tot 4000 per persoon per dag?
Kon dié leierskap kursus nie maar in Namibië gedoen word nie, moet ʼn mens nie daardie eienskappe reeds besit as jy ʼn Raadslid of senior amptenaar in diens van ʼn Plaaslike Owerheid word nie?
Daar word nooit met die publiek hieroor gekommunikeer nie, nog minder terug voering gegee.
Kan die PR mense van die Keetmanshoop Munisipaliteit dit asseblief voorsien, of word u verhoed?
Dit wil voorkom, asof baie van hierdie optredes gaan oor eie belang en propaganda en nie tot voordeel van die inwoners of die dorp nie.
Mens wonder wat is die visie van die Keetmanshoop munisipaleraad vir dié dorp.
Krag- en watertariewe is reeds van die duurste in die land.
Hoe gaan hul dit ʼn aantreklike beleggings dorp maak vir moontlike beleggings, vir groei en ontwikkeling.
Baie dankie vir privaat individue en besighede wat baie insit om ons dorp aan die gang te hou. Wat ten spyte van groot uitdagings, vasbyt.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie