Foto verskaf
Foto verskaf

Gat in pad weer ‘n kopseer

General Murtala Muhammed-rylaan in Eros is tussen 16 en 25 Januarie herseël alhoewel daar geen slaggate in die straat was nie. Die waterpyp op die kruising van General Murtala Muhammed en Kuisebstraat het op 22 Februarie gebars. Die pad was vir sowat vier weke gesluit voor dat dit herstel en weer vir verkeer geopen is. Die pad is nou weer vir drie weke gesluit omdat die pyp weer gebars het. Die pad is nou vir verkeer gesluit en daar is geen tekens van herstelwerk wat aan die gang is nie.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer