Gebruik jou stemreg
BEKOMMERDE LANDSBURGER SKRYF:
Twee-en-sewentig kilometer suid van Stampriet is die buurdorp Gochas geleë waar ’n sekere persoon ’n werknemer van die Village Council onder leiding van die “acting CEO” en HR is.
Hy is ’n gevaar vir die inwoners en besoekers van Gochas wanneer hy die strate invaar met ’n wipbak, swaarvoertuig (tipper) van die Village Council teen ’n onverantwoordelike spoed.
Dinsdag 12 November 2024 was ek saam met ander persone ooggetuies daarvan, ten spyte van my handgebaar dat hy stadiger moet ry, het hy die voertuig tot stilstand gebring en toe weer in volle vaart weggetrek, om deur al die ratte te gaan tot waar die straat ’n draai maak. Dit vra nie veel insig om te weet dat sou ’n kind oor die straat beweeg dié werknemer onmoontlik die kind kan mis.
Hierdie onverantwoordelike gedrag van die betrokke persoon kom al ’n geruime tyd, maar skynbaar pla dit nie die polisie of sekere lede van die Village Council nie.
Die voertuig anders as wat die werknemer skynbaar meen, is nie sy eiendom nie en ook nie die Village Council s’n nie, maar word deur belastingbetalers gefinansier.
Ek het hierdie gedrag op genoemde dag onder die aandag van die polisie asook die Village Council in sitting gebring.
Opmerking, ’n ander inwoner van Gochas wat ook ’n gevaar is, is die bestuurder van ’n rooi sedanvoertuig.
Ek doen ’n ernstige beroep op die inwoners van Gochas met die komende verkiesing om hulle stemreg te gebruik om van sulke onverantwoordelike persone ontslae te raak wat ’n gevaar vir die samelewing is.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie